Feeds:
Bydraes
Comments

oorlogstories plakkaat Blou op wit agtergrond

Verhale uit Grensoorlogstories wat onlangs by Litera verskyn het, word in Petcar Produksies se “ Storie-Uur” deur Carel Trichardt en Petru Wessels by die Pierneef-teater aangebied. Vir besonderhede, volg die skakel hierbo of skakel die Pierneef Teater in Pretoria.

About

About.

Reblogged from Petru-Nell Skryfbesigheid:

Click to visit the original post
  • Click to visit the original post
  • Click to visit the original post

“Tussen middernag en dagbreek” ‘n roman deur Japie Bogaards

Sinopsis geskryf deur Dr. Riana Scheepers

ʼn Onthutsende verhaal oor die skadulewe van dwelms en geweld in die Suid-Afrika van hier en nou. Dit is ʼn verhaal met twee sentrale karakters en storielyne wat in ʼn skokkende klimaks op mekaar inbuig. Marco Verkerk, die seun van Nederlandse immigrante, word (in die 60-jare) as buitestander groot in die plattelandse dorpie Heilbron.

Read more… 329 more words

Reblogged from Petru-Nell Skryfbesigheid:

18 Februarie 2012

Vandag was weer een van daardie dae wat vir my bevestig het dat ek die regte keuse gemaak het – die Weskus is die plek waar ek my ‘later jare’ wil deurbring! As jy van die Kaap se kant kom het jy besluit dis amper nou genoeg se ry voordat ek vir ‘n koffietjie wil aftrek, dan is dit nog net 15km en jy is by ‘Jubel n Juig’ my selfsorgeenheid hier by Dwarskersbos, 15km uit Velddrif uit, rigting Lambertsbaai!

Read more… 424 more words

Reblogged from Petru-Nell Skryfbesigheid:

Ongelukkig moes hierdie Skrywersbootvaart gekanselleer word; jammer vir enige ongerief.

In die plek hiervan word daar van 2 – 6 Julie 2012 ‘n skryfkursus aan die Weskus aangebied.

Vul onderstaande vorm in sou u wil hê dat daar ‘n kursus in u dorp/omgewing aangebied moet word. Kursusse kan ongelukkig nie vir minder as vyf persone araangebied word nie.

Naam(vereisde)

E-pos(vereisde) …

Read more… 12 more words

’N KURSUS OOR DIE SKRYF VAN KORTVERHALE WORD LANGS DIE MOOI WESKUS AANGEBIED

’n Kursus oor die skryf van kortverhale word vanaf 2–6 Julie 2012 by die Jubel’nJuig Selfsorgeenheid langs die mooi Weskus (Dwarskersbos) aangebied.

’n Kursus is ontwikkel om nuwe skrywers te help slyp aan hulle eie skryfwerk. Aspekte soos storielyn, konflik, karakters, verteller, die bou van tonele en dialoog word tydens die kursus aangeraak. Trudy Erasmus, wat onlangs ’n kortverhaal in die bundel, Grensoorlogstories, gepubliseer het, het die kursus saam met Manie Groenewald (self ’n gepubliseerde skrywer) ontwikkel. Sy is ook met haar Meestersgraad in Kreatiewe Skryfkuns besig. Trudy is ook die aanbieder van die kursus.

Die kursus bestaan uit vyf modules wat elkeen ’n ander faset van die kortverhaal behandel. So ’n module bestaan uit drie sessies. In een sessie word teorie bespreek, ’n volgende sessie word opsy gesit vir praktiese oefeninge en gedurende die derde sessie word die kursusganger se kortverhaal wat hy/sy vir daardie dag geskryf het, bespreek. Dit beteken natuurlik dat die uitdagende en kreatiewe opdragte saans na kursus gedoen moet word.

Die skryfkursus bied meer aan die voornemende en opkomende skrywers as net tien voltooide kortverhale. Dit leer die skrywer ook hoe om woord-ekonomies te skryf en om moeilike skryfstruikelblokke, soos humor, te oorkom. Elke lesing bevat ’n oefening om die verbeelding aan te vuur en kreatiwiteit te stimuleer. Behalwe dit alles leer die skrywers om die gevreesde skryftamheid (writer’s block) en inhibisies die hoof te bied. Hierdie oefeninge help die skrywer om buite die spreekwoordelike blokkie te dink. Aan die einde van die kursus behoort die skrywer ook tien tot twaalf nuwe idees te hê wat verder uitgebou kan word tot volwaardige verhale.

Daar word nie van die skrywer verwag om met ’n vooropgestelde storie idee of ’n portefeulje by die kursus aan te meld nie. ’n Eerste opdrag word wel vooraf aan die skrywers gestuur en dit moet teen ’n spesifieke sperdatum gereed wees, sodat dit aan almal beskikbaar gestel kan word vir voorbereiding.

Om ’n nuwe storie-idee te ontwikkel, is dikwels die moeilikste van skryf. Daarom word daar baie tyd aan dié afdeling bestee. Die skrywers ontvang baie individuele aandag, want net tien word by die kursus toegelaat. Persone wat die kursus wil bywoon, moet ’n skootrekenaar en twee geheuestokkies beskikbaar hê.

Hierdie kursus, wat in Pretoria aangebied is, het al meer as een gepubliseerde skrywer opgelewer.
Van die onderwerpe wat hanteer gaan word, is die ontwikkeling van ’n idee na ’n storielyn, die belewingspunt van die verhaal, ontwikkeling van geloofwaardige karakters, inkleding, dialoog, konflik en botsings.

Kursusgangers kan een van drie opsies uitoefen wanneer hulle vir die kursus wil registreer:
• Opsie 1 kos R3 770-00. Hierdie pakket sluit verblyf vir vyf nagte, al die etes (waarvan twee onthale is) en kursusmateriaal in. Uitgesluit is reiskostes en drankies. Kursusgangers is self daarvoor verantwoordelik. Gaan na www.jubelnjuig.co.za om meer oor die akkommodasie uit te vind. (Addisionele verblyf moet asseblief self met die eienaar bevestig word.
• Opsie 2 gaan die kursusganger R3 330-00 uit die sak jaag. Verblyf is nie hierby ingesluit nie, maar wel al die etes (aandetes asook die onthale is hierby ingesluit). Ideaal vir die persone wat nie te ver van Dwarskersbos woon nie en graag saans tuis wil wees. Drankies en reiskostes is uitgesluit.
• Opsie 3 sluit die kursus, brunch en die twee onthale in. Dit kos 3120-00. Geen reiskostes of drankies is by hierdie opsie ingesluit nie.

’n Deposito is vooraf betaalbaar en word verbeur sou die bespreking gekanselleer word. Belangstellendes sal voor 24 Junie 2012 om 22:00 plek moet bespreek, want daar is reeds studente vir die kursus aanvaar.

Rig navrae aan Marietjie per e-pos (marietjie@pnskryf.co.za), faks (0866730878) of per sms (074 192 7999).

“Tussen middernag en dagbreek” ‘n roman deur Japie Bogaards

Sinopsis geskryf deur Dr. Riana Scheepers

ʼn Onthutsende verhaal oor die skadulewe van dwelms en geweld in die Suid-Afrika van hier en nou. Dit is ʼn verhaal met twee sentrale karakters en storielyne wat in ʼn skokkende klimaks op mekaar inbuig.
Marco Verkerk, die seun van Nederlandse immigrante, word (in die 60-jare) as buitestander groot in die plattelandse dorpie Heilbron. Hulle word nie net geminag as “buitelanders” nie, maar ook omdat arm is, en polities liberaal. Reeds vroeg in sy lewe kry Marco met die onmenslikheid van apartheid te doen wat ʼn diep letsel op sy gemoed laat. Later word hy ʼn dwelmslaaf, word nege keer opgeneem in rehab, maar val telkens weer terug, ten spyte van die ondersteuning van Lisa, sy vrou, sy tweeling en skoonfamilie. Want in sy lewe was daar ook Jo-Marié, die vrou wat hy ontmoet as hy na sy eerste mislukte studiejaar na Europa gaan. Jo-Marié is sy alter ego, dwelmslaaf soos hy. Hulle het ‘n fatale verhouding waarin sy uiteindelik sterf a.g.v. van OD, drie maande swanger met sy kind, omdat dwelms haar groter liefde is.

Lisa maak ʼn egskeiding aanhangig terwyl Marco nog in rehabilitasie is en gaan woon saam met die tweeling by haar ouers op die plaas Goedgevonden in die Waterberge.

Marco, wat reeds ʼn kopskuif gemaak het, reis een nag na Goedgevonden om sake finaal met Lisa op te klaar.
Hottie, wat as hawelose kind grootgeword het, kom na 12 jaar uit die tronk vir sy aandeel in ʼn gewapende roof. Hottie het ʼn pynlike geskiedenis van diskriminasie en onreg teen hom; boonop word sy lieflingskind, Gretha, doodgeskiet in ʼn township- skermutseling met die Weermag. Hottie is skaars uit die tronk voor hy weer met Sam te doen kry. Sam, die moordenaar wat sy beskermengel in die tronk was, het die doodstraf gekry het ná die moord op ʼn plaasboer en sy vrou, maar is op parool vrygelaat. Wraak en haat is die adrenalien waarop Sam leef, nadat sy pa (en hy) onmenslik wreed aangerand en verneder word deur die plaasboer en sy seun – wat hy later vermoor.
Die teiken waarop Sam nou fokus, is die afgetrede regter (Lisa se pa) wat hom ter dood veroordeel het. Hy neem Hottie op sleeptou saam. Ook hulle is op pad na Goedgevonden.

Die nag van moord en geweld op Goedgevonden is ook ʼn nag van katarsis – vir Marco én Hottie.

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 648 other followers