Die Skryfbesigheid

Ons toor nog steeds met woorde…

Skrywer Sukses: Anzel Gerber


Anzel is een van PNSkryf se jongste skrywers. Van kleintyd af was sy mal oor stories en om stories self op te maak. Dit was egter eers in haar Hoërskool jare dat sy, onder leiding van ‘n baie goeie Afrikaanse Taal onderwyseres, meer aandag aan haar skryfwerk kon gee. In 2003 het sy vir die eerste keer deelgeneem aan die ATKV Woordwoekeraars kompetisie, waarna sy elke jaar ‘n prys losgeslaan het. Na ‘n lang stilte, het sy weer in 2009 vir die ATKV Woord en Aksievreugde kompetisie ingeskryf, waar sy as finalis in die kortverhaal kategorie aangewys was. In 2010 het sy die algehele tweede plek in hierdie kompetisie behaal.

Sy het in 2009 vir die eerste keer ‘n PNSkryf Skryfskool bygewoon en daarna ook ‘n hele reeks werkswinkels voltooi. In Maart 2010 is haar eerste kortverhaal vir publikasie aanvaar by die Landbouweekblad. Daarna het sy aanhou skryf en meer skryfskole bygewoon wat haar skryfwerk verder geslyp het. Die kortverhaal, Fees van die pampoenpitte, is een van die eerste verhale wat sy by ‘n PNSkryf Werkswinkel geskryf het, wat aanvaar is vir publikasie.

In 2011 het sy begin skryf as deel van Vrouekeur se span skrywers. Haar tweede kortverhaal is aanvaar en reeds gepubliseer in die 8 April 2011 uitgawe van die Vrouekeur. Nog verhale verskyn eersdaags in die Tydskrif, sommige het weereens hulle oorsprong uit een van die werkswinkels wat sy in 2010 bygewoon het.

Haar raad aan alle voornemende skrywers is: “Moet nooit moed opgee nie. Die teleurstelling is groot as jou hartskrywer nie aanvaar word vir publikasie nie, ek weet. Sulk ‘n bietjie as jy moet, maar dan staan jy op en gaan sit weer voor die rekenaar en skryf. Aanhouer wen. Jy kan dit doen. As jy net in jouself begin glo.”

Gaan loer ook gerus in by haar blog: www.anzelgerber.wordpress.com

Kyk ook uit vir die volgende Vrouekeur uitgawes:

LENTE:   8 April 2011 (Reeds gepubliseer)
OULAP SE ROOI:  6 Mei  2011
RISSIEPIET:  13 Mei 2011 (Geskryf by die Werkswinkels)
DIE PADSTAL:  24 Junie 2011
WIT OLIFANT:  1 Julie 2011 (Geskryf by die werkswinkels)
GYPSIE:  16 September 2011
ONGEWONE MARTELING:  30 September 2011


Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: