Die Skryfbesigheid

Ons toor nog steeds met woorde…

Werkswinkel oor die skryf van humor

Haai!

Vir diegene van julle wat wonder oor die skryf van humor, hier is ‘n gulde geleentheid vir julle om te kom leer. PNSkryf bied ‘n werkswinkel oor die skryf van humor aan vir alle gepubliseerde en ongepubliseerde skrywers. Hierdie is ook ‘n baie ideale geleentheid vir skrywers om te netwerk en om met mekaar hulle struikelblokke en suksesse te deel. Dit gaan regtig ‘n great werkswinkel wees. Maar julle sal moet vinnig spring, want net 12 skrywers word toegelaat om hierdie werkswinkels by te woon.

 Lees hier onder vir meer inligting…

Die werkswinkel bestaan uit die volgende:
1.  Kort teoretiese lesing oor die skryf humor, wat onder andere insluit:
     a.  Die verskil/ooreenkomste tussen die verskillende soorte humor.
     b.  Karakterisering van geloofwaardige karakters en situasies.
2.  Skryfoefeninge wat tydens die werkswinkel voltooi moet word.
3.  Groepbespreking van skrywers se eie werk wat voor 25 Junie 2011 aangestuur moet word.

Kostes beloop R550 en sluit in:
1.  Lesingmateriaal.
2.  Ligte ontbyt met aankoms.
3.  Verversings soos koffie, tee, vrugte en vrugtesap.
4.  Lekker middagete.
5.  Laatmiddag ‘n lekker stukkie poeding/koek met port/koffie/tee.

Oud-studente (van Petru-Nell Skryfbesigheid) kry 10% afslag.

Bespreek en betaal deposito voor/op 25 Junie 2011 om plek te verseker.
Net 12 skrywers kan aanvaar word.

Deposito beloop R275 en is nie terugbetaalbaar nie. Sou die skrywer ook nie opdaag nie, word die deposito as verbeur beskou.

Elektroniese inskrywingsvorm op www.pnskryf.co.za beskikbaar. Daar is nie ’n spesiale inskrywingsvorm vir die werkswinkel op die webwerf nie. Die gewone inskrywingsvorm vir die gewone kursusse kan gebruik word. Merk net die eerste module. Verdere inligting sal per e-pos aan belangstellendes gekommunikeer word.

’n Vorm (in Word) is ook per e-pos beskikbaar. Stuur jou e-posadres aan Trudy deur middel van haar e-posadres (as jy dit het), Facebook of hierdie blad.

Datum: 2 July 2011

Plek: Murrayfield, Pretoria

Tyd: 09:00 tot 16:30

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: