Die Skryfbesigheid

Ons toor nog steeds met woorde…

Skrywer Sukses: Liana Bosman


Liana het vroeg in haar lewe al begin skryf, met ’n potlood en ’n ou skoolskrif. In 2009 het sy PNSkryf skryfskool op die internet ontdek en sy het dadelik ingeskryf. Twee van haar verhale het uitgestaan as die beste humoristiese kort-kortverhaal en beste kortverhaal. Humor is vir haar ’n lekker genre.

Sy het nog PNSkryf werkswinkels en ander skryfskole bygewoon en is besig met ’n roman vir die NB Uitgewers se groot roman kompetisie.

Haar eerste kortverhaal verskyn in die Vrouekeur op 8 Julie 2011, en sy is besig met die verwerking van nog stories wat sy binnekort sal instuur vir keuring.

Liana is ook lief vir lees en beveel dit aan vir alle voornemende skrywers. “Die beste ding wat ek geleer het, was om jou werk hardop te lees voor jy dit wegstuur vir keuring. Op daardie manier tel jy baie vinnig klein foutjies op, wat uitgeskakel kan word.”

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: