Die Skryfbesigheid

Ons toor nog steeds met woorde…

Monthly Archives: Mei, 2011

Die engele sidder, maar die aap storm voort

Ja! Inderdaad. Om iemand na die kroon te steek, beteken om met daardie persoon te wedywer. Volgens die bron wat ek raadpleeg, kom hierdie spreekwoord van die tyd toe daar nog ridders was en die steekspel (met hul lanse) gespeel het. Die uiteindelike doel van die opponent was om jou kroon (krans) met die lans …

Lees voort

Chenél se storie in die Vrouekeur…

Tiertemmer van Chenél Pieterse-Boyle het in Vrouekeur 20 Mei 2011 verskyn. Die verhaal gaan oor ’n joernalis wat opsoek is na ‘n storie en ‘n gesprek tussen twee mense afluister. Baie geluk, Chenél! Ons is saam met jou opgewonde en bly! Ons sien uit na die volgende publikasie…

Lees voort

Onthou om te begin skryf vir die PNSkryfkompetisie 2011

PNSkryfbesigheid het hierdie jaar hulle eerste skryfkompetisie van stapel gestuur, vir skrywers net soos jy. Ja, jy. Jy wat nou hierdie boodskap lees. Hierdie kompetisie is vir skrywers wat ‘n storie het om te vertel, in enige genre en met enige tema. Jy brand om jou storie op papier te sit, maar het net nog …

Lees voort

Geinspireerde Vrouekeur Verhaal

Hallo, almal Anzel Gerber se nuutste kortverhaal wat in die 12 Mei 2011 Uitgawe van die Vrouekeur verskyn het, is een van die kortverhale wat sy by ‘n PNSkryf Werkswinkel geskryf het. Sy het ‘n prentjie ontvang met ‘n tafel vol bakkies speserye, die woord “droogte” en is gesê sy moet al haar sintuie inspan …

Lees voort

So by my koolkop!

Reën dit spreekwoorde en idiome? Of gooi jy dit met die badwater uit? Weet jy waar die bel hang as die klok lui? Weekliks gaan ons ‘n spreekwoord hier publiseer (sien die meningspeil). Ons wil sien hoeveel lesers kan die antwoord regkry. Hier gaan die eerste een: Iemand na die kroon steek.

Lees voort

Groot pryse op die spel met PNSkryfkompetisie 2011!!

Amper R10 000.00 se pryse op die spel in Petru-Nell Skryfbesigheid se eerste Skryfkompetisie ooit! Nuuskierig? Wil jy dalk inskryf? Wil jy die eerste wenner wees van PNSkryfbesigheid se eerste skryfkompetisie? Lees hieronder verder… DOEL Om vir nuwe skrywers wat nog nie by ʼn erkende uitgewer uitgegee het nie, ook ʼn kans te gee om …

Lees voort

Moet ek, of moet ek nie?

Baie mense wil graag skryf. Loop dan jarelank met die wonder in hulle rond of hulle goed genoeg is. Die meeste weet ook nie waar om te begin nie. Moet ek, of moet ek nie, is die vraag wat in die meeste nuwe skrywers se koppe brand. Hierdie begeerte brand later so, hulle kan dit nie hou nie. Daar …

Lees voort