Die Skryfbesigheid

Ons toor nog steeds met woorde…

Moet ek, of moet ek nie?

Baie mense wil graag skryf. Loop dan jarelank met die wonder in hulle rond of hulle goed genoeg is. Die meeste weet ook nie waar om te begin nie.

Moet ek, of moet ek nie, is die vraag wat in die meeste nuwe skrywers se koppe brand. Hierdie begeerte brand later so, hulle kan dit nie hou nie. Daar sit later ‘n gat in die mens se siel, maar steeds deel hulle die groot droom met niemand nie. Veral nie hul naaste nie. Baie bang die kinders lag vir hulle; lewensmaat dink jy is te vaal, te gewoon. Of soms glo hulleself hulle mag nie, want die geleerdheid is nie daar nie.

Daarom begin hulle nooit nie.

Moet, sê ek. Julle moet dadelik begin skryf. Nou. Nie later nie. NOU!

Skryf is soos hardloop. Almal kan hardloop. Party kry dit makliker reg as ander. Daar is naellopers, middelafstandatlete en  langafstand-ouens. Om nie eers van die maraton-hardlopers te praat nie. Al kan alle mense – wat nie gestrem is nie – hardloop, kan almal nie ‘n maraton of naelloop aanpak nie. Daar moet geoefen word vir die spesifieke wedloop wat die atleed wil hardloop.

Skryf werk ook so. Taal is ‘n integrale deel van die mens en ongelukkig is daar ook diegene wat glo hulle kan skryf al het hulle nie geoefen  nie. Bittermin skrywers kry dit reg om met die eerste probeerslag ‘n treffer los te skryf. Ja, dit het al gebeur, maar dit is eerder die uitsondering as die reël.

Hoe oefen mens om skryffiks te word?

  • Woon werkswinkels en skryfkursusse by.
  • Skryf vir skryfkompetisies in.
  • Lees! Lees! Lees! Lees! Fokus veral op die genre wat jy graag wil skryf.
  • Sorg dat jou energie -, kreatiewe-, en inspirasie tenke vol is.
  • Skryf elke dag. Lees elke dag.
  • Verban die muse uit jou huis uit. Sy is eintlik ‘n ou nagmerrie wat mens bloots ry, as iets MOET skryf. Die enigste reël wat daar is, is om die SOG-beginsel toe te pas. (Sit-op-gat).
  • Inspireer jouself: besoek mooi plekke, lees koerant, doen handewerk, verf, bak ‘n koek, gaan kuier by iemand, speel luistervink, gesels met iemand in die SAPD of SANW, besoek museums of ander besienswaardighede, kyk na ‘n mooi sonsondergang, vang vis, sit iewers waar dit stil is en mymer vir ure lank.

Besoek hierdie blog vir nog skryfwenke.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: