Die Skryfbesigheid

Ons toor nog steeds met woorde…

Groot pryse op die spel met PNSkryfkompetisie 2011!!

Amper R10 000.00 se pryse op die spel in Petru-Nell Skryfbesigheid se eerste Skryfkompetisie ooit!

Nuuskierig? Wil jy dalk inskryf? Wil jy die eerste wenner wees van PNSkryfbesigheid se eerste skryfkompetisie?

Lees hieronder verder…

DOEL

Om vir nuwe skrywers wat nog nie by ʼn erkende uitgewer uitgegee het nie, ook ʼn kans te gee om hulle skryftalent te ontwikkel.

TEMAS

Die skrywer kan sy eie tema kies.

VEREISTES

Elke inskrywing moet ʼn kort-kortverhaal van maksimum 800 woorde, asook ʼn langer kortverhaal van maksimum 1 500 woorde insluit. As die deelnemers nie aan hierdie vereiste voldoen nie, gaan hulle inskrywing gediskwalifiseer word.

Deelnemers kan ook addisionele kort-kortverhale of kortverhale instuur teen ʼn laer inskrywingsfooi. Sien reëls vir besonderhede.

PRYSE

Algehele eerste plek

ʼn Wegbreeknaweek vir twee, ontbyt ingesluit, by die Bed-ini-bos Gastehuis te                                                                                       Thabazimbi, ter waarde van R1650.00.

Gratis bywoning van die PNSkryfskool in 2012, wat strek oor vyf Saterdae, en                                                                                     wat al die kursusmateriaal en verversings insluit, ter waarde van R2750.

Totale eerste plek pryswaarde = R4400.00


Algehele tweede plek

ʼn Koopbewys van ʼn bekende boekhandelaar, ter waarde van R1000.

Drie gratis modules vir die PNSkryfskool in 2012, ter waarde van R1650.

Totale twee plek pryswaarde = R2650.00


Algehele derde plek

ʼn Jaar se inskrywing op Vrouekeur Tydskrif, ter waarde van R420.

Twee gratis modules vir die PNSkryfskool in 2012, ter waarde van R1100.

Totale derde plek pryswaarde = R1520.00


SPESIALE PRYSE

Verrassingspryse gaan ook toegeken word vir verhale met:

  • Beste Titel                                         
  • Beste Opening
  • Beste Slot
  • Verhaal met die meeste potensiaal
  • Beste Karakterisering

Neem kennis.

Geen van bogenoemde pryse sluit reis- en verblyfkostes in nie.

Pryswenners is self daarvoor verantwoordelik.

 

REËLS

  1. Maak seker dat u presies weet wat die reëls van hierdie kompetisie is aangesien inskrywings gediskwalifiseer sal moet word, indien die reëls verontagsaam word.
  2. Alle verhale moet getik wees.
  3. Deelnemers moet seker maak dat hulle aan hierdie belangrike vereiste voldoen. Die lengte van die skryfstukke is:
  • Kort-kortverhale: 800 woorde
  • Kortverhale: 1500 woorde
  1. Enige skrywer ouer as 18 jaar kan aan die kompetisie deelneem. Indien ʼn deelnemer reeds by ʼn erkende uitgewer (Lapa, Human en Rossouw, ens.) gepubliseer het, mag hy/sy nie aan hierdie kompetisie deelneem nie. Die inskrywing moet in AFRIKAANS wees.
  2. Die inskrywings moet die eie oorspronklike werk van die outeur wees.
  3. Stuur asseblief vyf (5) afskrifte van alle verhale saam.
  4. Elke inskrywing (d.w.s een kort-kortverhaal en een kortverhaal) moet vergesel wees van ’n inskrywingsvorm en inskrywingsfooi ter waarde van R50.00 (vyftig Rand).
  5. Betaling kan geskied in die vorm van internet-betaling, direkte inbetalings by een van die banke soos hieronder gespesifiseer word, of ’n banktjek kan die inskrywing vergesel. GEEN PRIVAAT TJEKS WORD AANVAAR NIE. ʼn Afskrif van die inbetaalstrokie of bewys van die internet-betaling moet u inskrywing vergesel. Bank besonderhede op versoek.
  6. Addisionele kort-kortverhale of kortverhale kan ook apart van die vereiste inskrywing ingestuur word, teen ʼn administrasiefooi van R10 elk.
  7. Deelnemers sal alle manuskripte terug ontvang, waarop kommentaar van die beoordelaars verskyn. Stuur dus ook genoeg self-geadresseerde, gefrankeerde koeverte wat groot genoeg vir die manuskripte is, saam met elke inskrywing. Maak seker dat die posgeld daarop voldoende is. PN Skryfbesigheid kan nie vir verlore posstukke verantwoordelik gehou word nie.
  8. Die deelnemer se naam mag slegs op die inskrywingsvorms verskyn en nie op die vyf (5) afskrifte van die verhale nie. Onthou: Dit word anoniem aan keurders voorgelê.
  9. Beide kortverhale moet asseblief in dubbelspasiëring en in ’n leesbare lettertipe van minstens 12 pt grootte getik word. ’n Eenvoudige lettertipe soos ‘arial’ of ‘times new roman’ word aanbeveel. Geen handgeskrewe inskrywings word aanvaar nie. Kortverhale mag ongelukkig ook nie elektronies voorgelê word nie.
  10. Sluitingsdatum vir alle inskrywings is 9 Desember 2011. Inskrywings met ʼn posstempel van later as 9 Desember 2011, sal nie aanvaar word nie.
  11. Pos alles inskrywings aan: PNSkryfkompetisie 2011, Natalielaan 56A, Murrayfield, Pretoria, 0184. Stuur asseblief ook ʼn epos, faks of sms om ons te verwittig dat die inskrywing oppad is.
  12. Geen inskrywings mag direk aan enige van die organiseerders oorhandig word nie. Die organiseerders kan ook nie verantwoordelik gehou word vir inskrywings wat verlore raak nie.
  13. Rig alle navrae aan Trudy Erasmus – faks (086 652 7946) of per epos trudy@pnskryf.co.za, of aan Anzel Gerber by pnskryfkompetisie@gmail.com.
  14. Alle inskrywings word aan onafhanklike beoordelaars voorgelê. Elke beoordelaar het sy eie unieke manier van beoordeel, maar u sal terugvoering ontvang.
  15. Die beoordelaars en/of organiseerders behou die reg voor om sommige of al die pryse nie toe te ken nie, sou die standaard van die inskrywings dit nie regverdig nie.
  16. Die tyd vir beoordeling word bepaal deur die aantal inskrywings wat ontvang word. Daar word gepoog om die wenners teen einde Maart 2012 bekend te maak. Alle wenners sal per epos of faks verwittig word, waarna uitslae op ons Facebook blad, webtuiste en Blog bekend gemaak sal word.

Vir verdere navrae, en inskrywingsvorms, kontak Trudy Erasmus by trudy@pnskryf.co.za of Anzel Gerber by pnskryfkompetisie@gmail.com. 


Advertisements

1 Kommentaar

  1. ALMAL! NEEM KENNIS!

    Die adres waarheen die inskrywings gepos moet word, wysig binnekort. Moenie enige inskrywings na die adres op die inskrywingsvorm pos nie!

    Weens onvoorsiene omstandighede mag die sluitingsdatum ook WYSIG.

    Die nuwe adres asook die nuwe sluitingsdatum sal binnekort bevestig word.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: