Die Skryfbesigheid

Ons toor nog steeds met woorde…

Onthou om te begin skryf vir die PNSkryfkompetisie 2011

PNSkryfbesigheid het hierdie jaar hulle eerste skryfkompetisie van stapel gestuur, vir skrywers net soos jy. Ja, jy. Jy wat nou hierdie boodskap lees. Hierdie kompetisie is vir skrywers wat ‘n storie het om te vertel, in enige genre en met enige tema. Jy brand om jou storie op papier te sit, maar het net nog nie die moed daarvoor gehad nie.

Wel, hierdie is nou jou kans om dit te doen.

Een van ons groot borge is Bed-ini-Bos Gastehuis te Thabazimbi. Bed-ini-Bos is sentraal in Thabazimbi geleë en slegs 2 huise vanaf Hoërskool Frikkie Meyer. Boonop is Marakele Nasionale Park net 10km uit die dorp.  Hier is ook heelwat myne waar kontrakteurs en verteenwoordigers dikwels oornagfasiliteite nodig het. Dit is in ‘n rustige omgewing geleë en het veilige parkering. Nog ander interresanthede naby hierdie gastehuis, sluit in die Aasvoël Restaurant, waar jy kan gaan kyk hoe die aasvoëls eet, asook die Khaya Kwa Restaurant, vir regte inheemse Afrika kos. Dan is daar ook die Grotte by die myne, en die groot Kremetartboom waarin Paul Kruger en sy manne blykbaar weggekruip het sodat hulle wild kon skiet.


Vir hierdie kompetisie wat PNSkryf geloods het, borg Bed-ini-Bos die wenner met ‘n naweek vir twee, ontbyt ingesluit, by hulle gastehuis, ter waarde van R1650.00. Maar dit is nie al nie. Die eerste plek wenner van hierdie kompetisie kry ook ‘n gratis PNSkryf Skryfskool, wat oor vyf Saterdae strek, in Pretoria. Totale eerste plek pryswaarde is amper R5000. Daar is ook heelwat ander pryse beskikbaar, so moenie op jou laat wag nie. Skryf, jong, skryf!!!

Ons wil weereens vir Luitje baie dankie sê vir haar ruimhartigheid. Mag jy geseën word vir wat jy vir ons by PNSkryf, asook vir ander nuwe skrywers doen.

Vir meer inligting oor enige van Bed-ini-Bos se pakette, kontak Luitje by: luitjemulder@absamail.co.za.

Vir meer inligting oor hierdie skryfkompetisie, klik hier.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: