Die Skryfbesigheid

Ons toor nog steeds met woorde…

Opskud! Die tyd raak min…

Hallo, julle humor skrywers

Die tyd raak nou min om in te skryf vir die Humor Werkswinkel, die eerste Saterdag in Julie. Onthou, daar is net plek vir ‘n paar van ons, so moenie op jou laat wag nie. Ons hoop om jou daar te sien.

Sien hieronder vir meer besonderhede:

Die werkswinkel bestaan uit die volgende:
1.  Kort teoretiese lesing oor die skryf humor, wat onder andere insluit:
a.  Die verskil/ooreenkomste tussen die verskillende soorte humor.
b.  Karakterisering van geloofwaardige karakters en situasies.
2.  Skryfoefeninge wat tydens die werkswinkel voltooi moet word.
3.  Groepbespreking van skrywers se eie werk wat voor 25 Junie 2011 aangestuur moet word.

Kostes beloop R550 en sluit in:
1.  Lesingmateriaal.
2.  Ligte ontbyt met aankoms.
3.  Verversings soos koffie, tee, vrugte en vrugtesap.
4.  Lekker middagete.
5.  Laatmiddag ‘n lekker stukkie poeding/koek met port/koffie/tee.

Oud-studente (van Petru-Nell Skryfbesigheid) kry 10% afslag.

Bespreek en betaal deposito voor/op 25 Junie 2011 om plek te verseker.
Net 12 skrywers kan aanvaar word.

Deposito beloop R275 en is nie terugbetaalbaar nie. Sou die skrywer ook nie opdaag nie, word die deposito as verbeur beskou.

Elektroniese inskrywingsvorm op www.pnskryf.co.za beskikbaar. Daar is nie ’n spesiale inskrywingsvorm vir die werkswinkel op die webwerf nie. Die gewone inskrywingsvorm vir die gewone kursusse kan gebruik word. Merk net die eerste module. Verdere inligting sal per e-pos aan belangstellendes gekommunikeer word.

’n Vorm (in Word) is ook per e-pos beskikbaar. Stuur jou e-posadres aan Trudy deur middel van haar e-posadres (as jy dit het), Facebook of hierdie blad.

Datum: 2 July 2011

Plek: Murrayfield, Pretoria

Tyd: 09:00 tot 16:30

Komaan, toe! Laat ons saam met jou lag vir die humor in jou storie… 🙂

Advertisements

2 Kommentaar

  1. estelle

    Ek sou so graag die werkswinkel wou bywoon, woon aan die Weskus, stuur vir julle ietsie om te lees wat werklik gebeur het. Ek is nie (nog nie) ‘n skrywer nie, die langpad le nog voor maar wie weet – eendag…!

    Het jy al ’n gesegde in die gesig gestaar en gegril tot in jou siel?
    ‘Wat die oog nie sien nie, huil die hart nie oor nie.’ Wel, my oog het gesien en my hart huil snot en trane!
    Op pad Kaap toe besluit ek en my vriendin om gou by die eerste ‘grand’ padstal ’n kafeïen lafenis te kry.
    Wat ‘n fees vir ons oë. Die tuin voor die gebou is goed versorg en die beelde is manjifiek, pragtige orange blommetjies rank die ingang en kante toe.
    Ons oee en aaaaah en wow tot binne die gebou.

    Ek steek soos ’n steeks perd vas by die eerste tafeltjie. Voor my geskokte oë lê kat se kind – en glo my glad nie iets vir die oog nie – sommer ’n vrek lelike ‘plaas- kat’ – (ons noem hulle sommer drain-katte waar ek woon) uitgestrek op die tafel – halflyf (nogal die heel verkeerdse kant) op die eetgerei.
    Ek hou nie van katte nie, hulle pap-sawwe lywe gril my tot in my tone. Dit is so erg my bloedrooi toonnaels dop vanself af maar my hekel aan katte is beside the point.

    Hoogs ontsteld begin ek aan verbale diarree lei ‘Die kat lê op die tafel, haal haar dadelik af’’, (ek neem sommer aan dit is ’n vroumens-kat want wragtig net ons spesie kan so moedswillig- voorbarig wees.) en so rammel ek voort.

    Die dame staar my met groot geskokte oë aan. Dit is kompleet is sy dink ek rob haar geldsakke. Sy sprak geen sprook. Sy kyk nie eens in die rigting van die gewraakte kat nie. O nee’, ek is die onsigbare fokus van haar onsiende oë. Ek wonder by myself of die vrou aan een of ander sindroom lei. Shit vrou – die kat met sy gatkant op die messe en vurke, hallooooooooo is jy wakker of wat? Amper waai ek my hande voor haar oë.

    Ek byt op my tande dat die pyn deur my kake skiet en klem my arms teen my sy vas. Ek is so kwaad ek kan sommer die koffiewater self kook – pokket ons werk hier met kos’!

    Ek bestel die koffie. Met my verbystap snou ek die kat toe (al of die dier my sal verstaan) ‘‘klim van die bleddie tafel af, dit is onhigiënies’’ hard genoeg vir die nog katatoniese dame om te hoor. Sy verwyder nie die dierasie van die tafel af nie. Moet ’n hekse-kat wees want ek glo nie wat ek sien nie.

    Ons gaan sit in ’n aangrensende vertrek (so vêr moontlik van die ‘kattafel’). Daar is weer voëls van verskillende vere – ook na my beskeie mening glad te naby my tafel. (ek voel die luise oor my kriewel) Ek sluk aan die woorde wat smag om lug te sien.

    Met die eerste ou slukkie koffie stu die naarheid diep uit my binneste en ek weet – drink ek hierdie koffie is daar groot moeilikheid (ek het nie skoon klere in die motor nie.)

    My vriendin het teësinnig haar koffie gedrink – ek wonder nog steeds hoe de hel sy dit reggekry het. Net soos ek – het sy ook ’n broertjie dood aan morsigheid wanneer dit by kos ensovoorts kom. ‘‘Vriendinna ek haal my hoed vir jou af. Jy’t jou pose mooi gehou !’’

    By die betaalpunt sien ek dat Koningin Kat nie meer op die tafel is nie. Die dame gee my kleingeld met ’n ‘’baie dankie’’ aan my.
    Dankie se gat – ek is tot die dood toe naar en het nog steeds kafeïen onttrekking en die Kaap is noug baie nag vêr!

    Ry jy dalk daar verby
    om iets te ete en drinke te kry
    neem ASSEBLIEF
    jou eie SKOON eetgerei

    want jy weet nie
    wat jy by daardie padstal
    op jou messe en vurke
    kan kry!

    Ek al meer as een maal daar geëet en heerlik aan die kos gesmul- die ‘skoon’ eetgerei en spierwit servettte gebruik waarop Kat met haar skoon gelekte nat lyf gelê het. (waar het daardie tong nie orals gelek nie!)

    Ek is seker ek het ‘n lekkerkry fonkel in haar oë gesien. Ek kon haar gedagtes lees. ‘julle wil my nie streel nie, julle sjoe-sjoe my weg wanneer ek teen julle bene wil spin -maar wie lag (hard) en laaste!
    Met ‘n lang uitgerekte miaaaaaaaaau het sy haar kat-oë toegemaak en die slaap van die salige ‘ek is baas ’geslaap!

    In haar drome het sy nie muise gejag nie…..……..

    Wat die oog nie sien nie……Bon Appétit my vriend!

    Like

    • Anzel Gerber

      Jis, hoe lag ek myself nou ‘n ertjie vir jou! Jou beeldspraak is baie werklik en ek kan als voor my sien gebeur… Ek is lief vir ‘n kat, though, maar my kat het maniere. Sy hoort nie op die tafel nie. Glad nie. En sy lek my ook nie. Maar ek stem: In daardie situasie sou ek ook gegril het dat die rooi cutex van my toonaels afdop!!!

      Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: