Die Skryfbesigheid

Ons toor nog steeds met woorde…

Liana Bosman nou ‘n gepubliseerde skrywer!!

Dit is vir PNSkryfbesigheid ‘n groot voorreg om nog een van ons gepubliseerde skrywers se opgewondenheid met julle te deel. Liana Bosman het hierdie week haar eerste kortverhaal in die Vrouekeur gepubliseer. Hier onder is ‘n klein briefie van haar…

 

Hallo julle

Om eindelik ’n gepubliseerde skrywer te wees, is die hoogste ‘high’ wat enige skrywer kan bereik. Die trane van trots het al my grimering afgewas voor ek nog die werk kon haal vanoggend en dit mag dalk ’n bietjie ‘cheesy’ klink, maar vir my is dit werklik ’n groot mylpaal.

Ek bedank my getroue ondersteuners: Trudy, my mentor, en Anzel, my skrywersmaatjie. Wat dit so ingedril het dat ek net in myself ook moet begin glo.

Dankie aan my ouers vir hulle ondersteuning, my kinders se geduld as die kos laat is en my man se hulp. Ek waardeer julle almal baie meer as wat ek wys!

En ek dank my Hemelse Vader. Nie net vir my talent nie, maar ook vir die ‘guts’ wat Hy my gegee het om die talent onder die maatemmer uit te haal en te ontgin.

Liefdegroete,

Liana

 


 

Advertisements

1 Kommentaar

  1. Dankie vir die mooi briefie, Liana. Vir my is elke werkswinkel met julle, ‘n baie groot plesier. Julle is my inspirasie en julle liefde dra deur moeilike dae.

    Hou net aan beweeg en geraas maak!

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: