Die Skryfbesigheid

Ons toor nog steeds met woorde…

Anzel se stories nou ‘n gereelde besoeker in Vrouekeur

Anzel Gerber se nuutste kortverhaal het laasweek in die Vrouekeur verskyn. Haar verhale is deesdae ‘n gereelde besoeker in die tydskrif en het al vele lesers baie genoet verskaf.

Hierdie storie, Ongewone Marteling, is gebasseer op werklike gebeur: ‘n Dag toe sy en ‘n vriendin, Yvette, by die dorp se gym gaan oefen het. Hulle was nog so besig om te oefen, toe een ou omie op hulle kom skree omdat hulle kwansuis uit die ry uit oefen en op een van die masjiene is waarop sy vrou wou oefen. Sy en haar vriendin het hulle liederlik vererg vir die omie, maar tog uit respek uit, pad gegee. En toe word hierdie storie gebore. Natuurlik is daar sekere elemente van fiksie ingewerk, net om die belange van die betrokke partye te beskerm. Hoop die wat die storie kon lees, het die baie geniet!

Gaan loer ook gerus in by haar blog om meer oor haar te lees: www.anzelgerber.wordpress.com

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: