Die Skryfbesigheid

Ons toor nog steeds met woorde…

Die tyd raak min! Nog net plek vir vier mense…

Net ‘n herinnering aan almal wat dalk die aanlyn skryfskool wou bywoon. Onthou, inskrywings sluit 30 November 2011, en ons het net plek vir nog vier studente! Opskud! Julle kan nie hierdie geleentheid laat verby gaan nie!

******************

Dis waar ja! Die vyf weke prosaskryfkompetisie word vanaf 1 – 29 Desember 2011 aanlyn aangebied. Al sit jy ook in Ierland, Kaapstad, Londen of Parys, sal jy die kursus kan doen, solank jy toegang tot die internet en e-pos het. Tonne selfdissipline, ‘n passie vir die skryfkuns en deursettingsvermoeë is al wat nodig is.

Anzel Gerber en Liana Bosman wat gereeld in Vrouekeur publiseer, het hierdie kursus voltooi.

Die inhoud van die kursus is as volg:

Module 1: Hoe om ’n goeie idee in ’n goeie storie te verander

  • Die skryfproses.Die verskil tussen waarheid en fiksie.
  • Plekke waar stories skuil en hoe om dit te herken.
  • Hoe om aan die skryf te kom as daar geen idees is nie of skryftamheid ervaar word.
  • Hoe om ’n plot te beplan:
    ◦Verskillende vorme.
    ◦ Beplanning van ’n plot.
    ◦ Plot as gids vir die laaste herskryffase.
    ◦ Die verskil tussen ’n plot vir ’n roman en ’n kortverhaal.

Module 2: Skep van geloofwaardige karakters, verteller, vertelperspektief en fokalisering

  • Karakterisering
  • Ronde en plat karakters.
  • Plekke waar karakters ‘skuil’.
  • Voorstelling of karaktertekening.
  • Verteller en vertelperspektief: ◦Eerste persoonsverteller.
    ◦ Derde persoonsverteller.
    ◦ Alomteenwoordige verteller.
    ◦ Ongewone vertellers.
  • Fokalisering

Module 3: Toneel-inkleding, skep van atmosfeer en hantering van beskrywing

  • Toneel-inkleding en die skep van die atmosfeer
  • Werklike of verbeelde plekke
  • Tegnieke om atmosfeer te skep:
    ■Tyd
    ■Plek
    ■Gebruik van sintuie
  • Wys teenoor vertel
  • Beskrywings:
    ◦Hoe om te beskryf
    ◦Woordkeuses:
    ■Selfstandige naamwoorde
    ■Bywoorde en byvoeglike naamwoorde
  • Beeldspraak, bv.:
    ■Vergelykings
    ■Klanknabootsing
  • Clichés en anglisismes
  • Simbole en truuks

Module 4: Dialoog en die hantering van spanning, konflik en dramatiese gegewe

  •  Dialoog ◦Skryf van dialoog wat natuurlik klink
    ◦Funksies van dialoog
    ◦Verskillende vorme van dialoog
    ◦Hoe om dialoog effektief te hanteer
    ◦Wat sê die karakter se liggaamstaal?
  • Konflik, aksie en spanning: ◦Konfrontasie.
    ◦Gebruik van emosies.
    ◦Opbou.
    ◦Intimiteit.
    ◦Gebruik van beelde en atmosfeer.
    ◦Plant van leidrade.
    ◦Gebruik van verteller, perspektief, karakters, atmosfeer ens. om spanning te bou

Module 5: Skryf van openings- en slotparagrawe en die afronding van die verhaal

  • Goeie openings- en slotparagrawe ◦Wyses waarop openingsparagrawe geskryf kan word
    ◦Effektiewe slotparagrawe
  • Foute wat die meeste nuwe skrywers maak.
  • Herskryf en afronding.

Verdere inligting oor die skryfkursus:

Registrasiedatum: Voor  of op 30 November 2011

Datum en tyd waarop take ingehandig moet word:

Tussen 09:00 – 16:00 op 1, 8, 15, 22, 29 Desember 2011

Datum en tyd waarop terugvoer ingehandig moet word:

Sal nog bepaal word

Kostes:

  • Die kursus kos R1 750 – 00. Dit sluit kursusmateriaal, posgeld, terugvoer vanaf kursusleier en buite-kritici in. Verder het die kursusganger 10 – 8 kortverhale en/kort-kortverhale wat byna publiseerbaar is, mits die skrywer na raad en opbouende kritiek luister en die nodige aanbevelings maak.
  • Binne sewe dae na die kwotasie  ontvang is, moet 25%  (d.w.s. R437-50) van die totale bedrag as pre-registrasiefooi betaal word.   Nog 25% moet teen die registrasiedatum betaal word. Die res van die bedrag (R875-00) moet  teen die tweede module betaal word.
  • NEEM ASB. KENNIS: Geen deposito is terugbetaalbaar nie!

Die volgende afslag word egter aangebied:

  • Oud-studente van PNSkryfskool kry 10% afslag van alle dienste/kursusse wat daarna bygewoon of gebruik word.

Hoe  om te registreer:

  • Voltooi  en handig die voorafregistrasie- of registrasiedokument in. Volg die volgende skakel om by die elektroniese vorm uit te kom:  http://www.pnskryf.co.za/text/newskryfkursus.html#inligting
  • ‘n  Faktuur sal gelewer word.
  • Sodra  die volle deposito betaal is, sal die kursusganger as geregistreer beskou  word.

Algemene  inligting:

  • Slegs  tien persone word tot die kursus toegelaat.
  • Groepwerk  is baie belangrik, asook deelname aan tuisoefeninge.

Navrae:

Trudy Erasmus

trudy@pnskryf.co.za

of

Anzel Gerber

anzel@pnskryf.co.za

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: