Die Skryfbesigheid

Ons toor nog steeds met woorde…

AANLYNSKRYFKURSUS: NUWE DATUMS BEKEND GEMAAK

“Petru-Nell Skryfbesigheid Prosaskryfkursus” is ’n aanlynkursus wat oor ’n tydperk van 6 weke per e-pos aangebied word.

Datums
Kursusse word min of meer gedurende die Gautengse skoolvakansies aangebied en is vir die volgende tydperke geskeduleer:

1 April 2012 – 6 Mei 2012
Registreer voor of op 15 Maart 2012

1 Julie 2012 – 6 Augustus 2012
Registreer voor of op 15 Junie 2012

1 Desember 2012 – 6 Januarie 2013
Registreer voor of op 15 November 2012

Kostes

• Elke module kos R350 per kursusganger. Hiervoor ontvang die kursusganger die kursusmateriaal en volledige terugvoer op al die tekste wat voorgelê word. Dit werk dus as volg uit: 6 X R350 = R2 100
• ’n Deposito van R1 050 moet voor die registrasiedatum betaal word. (Dit is 50% van die totale bedrag.) Hierdie deposito is nie terugbetaalbaar nie en word verbeur indien die kursusganger nie met die kursus aangaan nie of kanselleer.
• ’n Reëling om die fooi in vier paaiemente af te betaal, kan ook getref word. In hierdie geval moet 25% (R525) van die totale bedrag binne sewe dae na die aanvaarding van die kwotasie betaal word. Nog 25% (R525) moet teen die registrasiedatum betaal word. Die res van die bedrag kan ook in twee paaiemente betaal word en wel teen begin van die tweede en die vierde module.
• Persone wat die volle bedrag vooraf betaal, betaal slegs R2 000.

Die inhoud van die kursus
Module 1: Taalgebruik en leestekens
Module 2: Hoe om ’n goeie idee in ’n goeie storie te verander
• Die skryfproses.
• Die verskil tussen waarheid en fiksie.
• Plekke waar stories skuil en hoe om dit te herken.
• Hoe om aan die skryf te kom as daar geen idees is nie of as skryftamheid ervaar word.
• Hoe om ’n plot te beplan:
Verskillende vorme.
Beplanning van ’n plot.
Plot as gids vir die laaste herskryffase.
Die verskil tussen ’n plot vir ’n roman en ’n kortverhaal.
Module 3: Skep van geloofwaardige karakters, verteller, vertelperspektief en fokalisering
• Karakterisering:
Ronde en plat karakters.
Plekke waar karakters ‘skuil’.
Voorstelling of karaktertekening.
• Verteller en vertelperspektief:
Eerste persoonsverteller.
Derde persoonsverteller.
Alomteenwoordige verteller.
Ongewone vertellers.
• Fokalisering
Module 4: Toneel-inkleding, skep van atmosfeer en hantering van beskrywing
• Toneel-inkleding en die skep van atmosfeer
Werklike of verbeelde plekke.
Tegnieke om atmosfeer te skep:
• Tyd.
• Plek.
• Gebruik van sintuie.
Wys teenoor vertel:
• Beskrywings.
• Hoe om te beskryf.
• Woordkeuses:
Selfstandige naamwoorde.
Bywoorde en byvoeglike naamwoorde.
• Beeldspraak, bv.:
Vergelykings.
Klanknabootsing.
• Clichés en anglisismes.
• Simbole en truuks.
Module 5: Dialoog en die hantering van spanning, konflik en dramatiese gegewe
• Dialoog:
Skryf van dialoog wat natuurlik klink.
Funksies van dialoog.
Verskillende vorme van dialoog.
Hoe om dialoog effektief te hanteer.
Wat sê die karakter se liggaamstaal?
• Konflik, aksie en spanning:
Konfrontasie.
Gebruik van emosie.
Opbou.
Intimiteit.
Gebruik van beelde en atmosfeer.
Plant van leidrade.
Gebruik van verteller, perspektief, karakters, atmosfeer, ens. om spanning te bou.
Module 6: Skryf van openings- en slotparagrawe en die afronding van die verhaal
• Goeie openings- en slotparagrawe:
Wyses waarop openingsparagrawe geskryf kan word.
Effektiewe slotparagrawe.
• Foute wat die meeste nuwe skrywers maak.
• Herskryf en afronding.

Rig navrae aan:
Trudy Erasmus
E-pos: trudy@pnskryf.co.za
Faks: 086 652 7946 of 086 224 9717

________________________________________
Verdere inligting oor die skryfkursus:
Hoe om te registreer:
• Voltooi die voorafregistrasie- of registrasiedokument en handig in (‘n Elektroniese vorm is op http://www.pnskryf.co.za beskikbaar.)
• Kursusganger sal ’n faktuur ontvang.
• Sodra die deposito betaal is, sal die kursusganger as geregistreer beskou word. (Geen skriftelike aanvaarding sal gestuur word nie.)

Algemene inligting:
• Slegs tien persone word per kursus toegelaat.
• Groepwerk is baie belangrik daarom moet skrywers bereid wees dat medekursusgangers hul tekste lees en daarop kommentaar lewer. Skrywers moet ook bereid wees om medestudente se werk te lees en opbouende kommentaar daarop te lewer. Indien ’n kursusganger nie hiertoe instem nie, sal die kursusganger nie tot die kursus toegelaat kan word nie.

Kursusinhoud:
Onderwerpe van modules is vasgestel. Die sub-onderwerpe kan na gelang van behoefte effens gewysig word.

Rig navrae aan:
Trudy Erasmus
E-pos: trudy@pnskryf.co.za
Faks: 086 652 7946 of 086 224 9717

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: