Die Skryfbesigheid

Ons toor nog steeds met woorde…

AMPER VOL BESPREEK! Bespreek gou vir die skryfkursus te DWARSKERSBOS

LAAT ONS JOU LEER OM MET Woorde te toor!

ONS SKRYFKURSUS TE DWARSKERSBOM IS amper VOL BESPREEK.
Belangstellendes word vriendelik versoek om DRINGEND met Marietjie by marietjie@pnskryf.co.za in aanraking te kom om ‘n plekkie te bespreek. Maak plan! Kom net saam. Dis dit werd.

Neem kennis van die volgende belangrike besonderhede:

’n Kursus oor die skryf van kortverhale word vanaf 2–6 Julie 2012 by die Jubel’nJuig Selfsorgeenheid langs die mooi Weskus (Dwarskersbos) aangebied.

’n Kursus is ontwikkel om nuwe skrywers te help slyp aan hulle eie skryfwerk. Aspekte soos storielyn, konflik, karakters, verteller, die bou van tonele en dialoog word tydens die kursus aangeraak. Trudy Erasmus, wat onlangs ’n kortverhaal in die bundel, Grensoorlogstories, gepubliseer het, het die kursus saam met Manie Groenewald (self ’n gepubliseerde skrywer) ontwikkel. Sy is ook met haar Meestersgraad in Kreatiewe Skryfkuns besig. Trudy is ook die aanbieder van die kursus.

Die kursus bestaan uit vyf modules wat elkeen ’n ander faset van die kortverhaal behandel. So ’n module bestaan uit drie sessies. In een sessie word teorie bespreek, ’n volgende sessie word opsy gesit vir praktiese oefeninge en gedurende die derde sessie word die kursusganger se kortverhaal wat hy/sy vir daardie dag geskryf het, bespreek. Dit beteken natuurlik dat die uitdagende en kreatiewe opdragte saans na kursus gedoen moet word.

Die skryfkursus bied meer aan die voornemende en opkomende skrywers as net tien voltooide kortverhale. Dit leer die skrywer ook hoe om woord-ekonomies te skryf en om moeilike skryfstruikelblokke, soos humor, te oorkom. Elke lesing bevat ’n oefening om die verbeelding aan te vuur en kreatiwiteit te stimuleer. Behalwe dit alles leer die skrywers om die gevreesde skryftamheid (writer’s block) en inhibisies die hoof te bied. Hierdie oefeninge help die skrywer om buite die spreekwoordelike blokkie te dink. Aan die einde van die kursus behoort die skrywer ook tien tot twaalf nuwe idees te hê wat verder uitgebou kan word tot volwaardige verhale.

Daar word nie van die skrywer verwag om met ’n vooropgestelde storie idee of ’n portefeulje by die kursus aan te meld nie. ’n Eerste opdrag word wel vooraf aan die skrywers gestuur en dit moet teen ’n spesifieke sperdatum gereed wees, sodat dit aan almal beskikbaar gestel kan word vir voorbereiding.

Om ’n nuwe storie-idee te ontwikkel, is dikwels die moeilikste van skryf. Daarom word daar baie tyd aan dié afdeling bestee. Die skrywers ontvang baie individuele aandag, want net tien word by die kursus toegelaat. Persone wat die kursus wil bywoon, moet ’n skootrekenaar en twee geheuestokkies beskikbaar hê.

Hierdie kursus, wat in Pretoria aangebied is, het al meer as een gepubliseerde skrywer opgelewer.
Van die onderwerpe wat hanteer gaan word, is die ontwikkeling van ’n idee na ’n storielyn, die belewingspunt van die verhaal, ontwikkeling van geloofwaardige karakters, inkleding, dialoog, konflik en botsings.

Kursusgangers kan een van drie opsies uitoefen wanneer hulle vir die kursus wil registreer:
• Opsie 1 kos R3 770-00. Hierdie pakket sluit verblyf vir vyf nagte, al die etes (waarvan twee onthale is) en kursusmateriaal in. Uitgesluit is reiskostes en drankies. Kursusgangers is self daarvoor verantwoordelik. Gaan na http://www.jubelnjuig.co.za om meer oor die akkommodasie uit te vind. (Addisionele verblyf moet asseblief self met die eienaar bevestig word.
• Opsie 2 gaan die kursusganger R3 330-00 uit die sak jaag. Verblyf is nie hierby ingesluit nie, maar wel al die etes (aandetes asook die onthale is hierby ingesluit). Ideaal vir die persone wat nie te ver van Dwarskersbos woon nie en graag saans tuis wil wees. Drankies en reiskostes is uitgesluit.
• Opsie 3 sluit die kursus, brunch en die twee onthale in. Dit kos 3120-00. Geen reiskostes of drankies is by hierdie opsie ingesluit nie.

’n Deposito is vooraf betaalbaar en word verbeur sou die bespreking gekanselleer word. Belangstellendes sal voor 24 Junie 2012 om 22:00 plek moet bespreek, want daar is reeds studente vir die kursus aanvaar.

Rig navrae aan Marietjie per e-pos (marietjie@pnskryf.co.za), faks (086 673 0878) of per sms (074 192 7999).

Advertisements

1 Kommentaar

  1. Reblogged this on Petru-Nell Skryfbesigheid.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s