Die Skryfbesigheid

Ons toor nog steeds met woorde…

Vonkies vir Uitdaging een

Gelukkig is dit nie MY werk om die mooiste, die beste en die oulikste vonkie te kies nie. Dis JULLE wat dit moet doen. STEM asb!

Storie Een:

‘n Roosknoppie, dis waaraan sy my laat dink.

Gerrit staar na die ongeskonde gesiggie van die dogtertjie wat so rustig slaap. Hy sug, draai om, stap weg en weet byvoorbaat hoe hy haar gaan mis. Môre is haar ma terug en hierdie sagte mensie weer terug by haar.

Vroegoggend ry hulle lughawe toe. Hy staan met Lize se hand in syne toegevou toe hy haar ma gewaar, en sy ook vir hulle.

Dan is sy by hulle en omhels hulle.

“En toe, hoe het dit met Oupa en Lize so onder een dak gegaan?”

(Geskryf deur Roosdoring)

 

Storie 2

Soetste geur

Eers raak sy bewus van die soet geur van rose wat om en in haar vou. Dan
kyk sy met verwondering na die sagte lig wat deur die blare op die wit van
haar stil gelaat speel, en haar bene wat so snaaks vou. ‘n Wereld blink in
‘n druppel dou in die palm van haar stil hand. Sy beweeg in verwondering tot
hoog in die blou, blou lug. Dan draai sy om, en laat gaan, met haar gesig na
die son.
 
(Geskryf deur Charnie Craemer)
 
Storie 3
 
‘n Langsteel roos
 
Hy koop ‘n langsteel roos. Vandag is Elsa se verjaarsdag. Hy stap tot agter
in die tuin waar sy met haar rug na die deur sit. Hy stap tot agter haar en
sit die roos liefderyk op haar skoot neer.
 
“Raai wie?” fluister hy in haar oor.
 
Sy vat die roos en glimlag.
 
“Dankie Pa.”
 
Hy druk haar skouers teer. Miskien sal sy more hom erken. Dan sal hy haar vertel dit was haar man wat
haar die roos gebring het.Image
Advertisements

3 Kommentaar

  1. Marietjie

    Ai dis werklik uitsonderlike Vonkies. Ek is vreeslik bly dit word nie van my verwag om iewers ‘n wenner aan te wys nie! Welgedaan julle, hou so aan! Met soveel talent in die lug, kan ons taal en vermoëns nooit ten gronde gaan nie. BAIE GELUK SKRYWERS, skryf asseblief nog sulke treffers?

    Like

  2. Elna Nieuwoudt

    NR 1 is vir my die mooiste. Dit het n verrassende slot. Elna Nieuwoudt,

    Like

Trackbacks

  1. STEM! Stem nou. Dis jou reg. STEM REG! | Vonkers vir verhale van 100 woorde of minder

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s