Die Skryfbesigheid

Ons toor nog steeds met woorde…

Monthly Archives: Augustus, 2012

TEL

“Dis nog net …. Hoeveel dae nog, Marietjie?” Trudy lyk maar redelik vaal en moeg. “Nie meer lank nie, Trudy. Net nog bietjie vasbyt. Die tyd stap aan en hardloop met die langarm onder ons uit! Nog net … SEWEHONDERD-VIER-EN-VEERTIG!” antwoord Marietjie nadat sy vlugtig op haar horlosie gekyk het. Trudy is bek-af, dikbek en …

Lees voort

VIER DIE LENTE SAAM MET ONS en kom doen die skryfkursus naby GROBLERSDAL.

Skryf is nie vir sissies nie! Dis waar JA, maar as jy ‘n passie vir skryf het, kan ons jou help slyp. ’n Kursus oor die skryf van kortverhale word vanaf 30 September 2012 – 5 Oktober 2012 by Wolfs Rock Lodge naby Groblersdal aangebied. Opsie 1 sluit verblyf vir ses nagte, die kursus (em …

Lees voort

SESTIG nuwe Afrikaanse kort- en kort-kortverhale tydens Dwarskersboskursus geskryf

Ons is trots. sommer BAIE trots! Die Dwarskersbos-skryfkursus het sestig kort-kortverhale en kortverhale opgelewer. Waarvan een, Losprys, reeds deur VROUEKEUR vir publikasie aanvaar is. Amanda Claassens is die skrywer van die kortverhaal. Ek wou elke dag ‘n ietsie oor die kursus oop die blog skryf, maar ek het net nooit daarby uitgekom nie. Daar was …

Lees voort