Die Skryfbesigheid

Ons toor nog steeds met woorde…

SESTIG nuwe Afrikaanse kort- en kort-kortverhale tydens Dwarskersboskursus geskryf

Sonsondergang-Dwarskersbos

Ons is trots. sommer BAIE trots! Die Dwarskersbos-skryfkursus het sestig kort-kortverhale en kortverhale opgelewer. Waarvan een, Losprys, reeds deur VROUEKEUR vir publikasie aanvaar is. Amanda Claassens is die skrywer van die kortverhaal.

Ek wou elke dag ‘n ietsie oor die kursus oop die blog skryf, maar ek het net nooit daarby uitgekom nie. Daar was nie tyd nie. Die reis na Dwarskersbos was vir my en ouma Kotie een groot avontuur. Ons is die Woensdagmiddag, 27 Junie 2012 om 13:00 uit Pretoria weg, want ek moes nog eers ‘n lesing aanbied. Ons het in Bloemfontein oorgeslaap. Wat ‘n koue plek! Van daar het ons gejaag om die aand nie te laat in Stellenbosch aan te kom nie. Vrydag is ek en Ouma eers bietjie kus op tot amper by Hermanus voor ons Dwarskerbos toe is. Vrydag, Saterdag en Sondag het ons rustig deurgebring, want Maandag het die werk in alle erns begin.

Elke skrywer het vooraf twee verhale geskryf. Maandag, nog maar skrikkerig vir mekaar, het ons met die lesings en die terugvoer begin. Net toe almal begin ontspan en mak raak, trek ek die eerste koevertjie uit. In die koevert het die skrywers die stimuli vir die volgende opdrag gekry. Daar was foto’s en “goetertjies” in. Die protes was groot, maar diep in my binneste het ek breed geglimlag. Ek het geweet hoe goed die groepie gaan word. Ek kon dit sommer net aanvoel.

En so het die een dag die vorige een opgevolg: Lesing, terugvoer, opdrag ontvang (koevertjies uitdeel), skryf, lees, slaap, opstaan, koffie en beskuit, lesing, kuier en lag tussendeur, terugvoer … Toe, een oggend, toe ons opstaan, weet ons: dis nou verby en ons moet oppak en gaan.

Ja, my voorgevoel was 100% reg. Elkeen van die skrywers het ‘n paar besonderse verhale geskep. Angelique Mouton het die sertifikaat vir die Beste Vordering en Beste Spanningslyn ontvang. Elsabé Esterhuyse is as die Bobaas van Humor aangewys. Amanda Claassens het die Beste Kortverhaal geskryf, terwyl Estelle Duvenhage het die Beste Kort-Kortverhaal opgelewer het. Mariette Maartens se verhale is as die Bes Tegnies Goedversorgde Verhale aangewys en sy het ook die Juweel van die Kursus geskryf. Michélle Steward het die Beste Titel gehad.

Die toekennings is deur die skrywers self toegeken. Die enigste een wat ek oor besluit het, was die Juweel van die Kursus.

As resultaat van hierdie kursus is besluit dat daar aanstaande jaar ‘n meesterskursus op Dwarskersbos aangbeid sal word. In ‘n volgend blog sal ek meer inligting oor die kursus bekend maak.

Ek sal graag van die skrywers self wil hoor hoe hulle dit ervaar het.

Lekker skryf, almal.

ONS TOOR MET WOORDE!

Angelique besig met bewuswording op die strand


Jubel’nJuig – Die ideale plek waar skrywers in rus en vrede sal kan skryf
Mariette aan die spook met een van die opdragte


Ons almal. Angelique Mouton, Elsabé Esterhuyse, Trudy Erasmus, Estelle Duvenhage (sittend) Michélle Steward, Mariette Maartens en Amanda Claassens (sittend)


Amanda Claassen, PNSkryf se kompetisiewenner

Advertisements

3 Kommentaar

  1. Die kursus verlede jaar was uiters bevredigend en opwindend. Almal word dieselfde behandel en glo my, almal kan moontlik tot diep in die nag werk. Wees voorbereid. Jou passie sal jou deurdra in die nag en die mede kollegas sal jou wakker hou bedags!!!! Sien baie uit daarna en dit is goed gespandeerde geld. Sien julle! Tussen hakies, ek weet nie hoe om my foto by my kommentaar te kry nie.

    Like

    • Jou passie en sjokolade! Ek onthou hoe ek gevorder het of Angelique die krakende sjokoladepapiere kon hoor, om die volgende dag te verneem sy het dieselfde gedink!

      Like

Trackbacks

  1. Die Dwarskersbosskryfkursus lewer NOG ‘n gepubliseerde skrywer op | Petru-Nell Skryfbesigheid

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: