Die Skryfbesigheid

Ons toor nog steeds met woorde…

VIER DIE LENTE SAAM MET ONS en kom doen die skryfkursus naby GROBLERSDAL.

Skryf is nie vir sissies nie! Dis waar JA, maar as jy ‘n passie vir skryf het, kan ons jou help slyp.

’n Kursus oor die skryf van kortverhale word vanaf 30 September 2012 – 5 Oktober 2012 by Wolfs Rock Lodge naby Groblersdal aangebied.

Opsie 1 sluit verblyf vir ses nagte, die kursus (em kursusmateriaal) en alle etes in. Dit kos R4 890-00. Opsie 2 sluit verblyf vir vyf nagte in en sluit alles in soos by Opsie 1 verduidelik word. Hiervoor sal jy R4 495-00 betaal. Eggenotes, lewensmaats, vriende of familie wat nie die kursus bywoon nie, is baie welkom. Hierdie persone se verblyf is nie gratis nie en daar sal per persoon, per dag ‘n bykomende R395-00 gehef word. Baie aktiwiteite word in die omgewing aangebied waar u familie hulle kan besig terwyl u die kursus bywoon.

Tyd vir ontspan, sal daar nie eintlik vir die kursusgangers wees nie. Soggens is ons met teorie besig, laatmiddag gee ons terugvoer oor verhale wat die vorige dag geskryf is. Saans (soms tot vroeg in die oggend) klap die rekenaarsleutelborde dat dit gons, maar niemand het op Dwarskersbos (Julie 2012) gekla nie. Die mooiste verhale is so geskep.

Ons weet die kursus werk, want sover bekend het daar reeds vier skrywers gepubliseer nadat hulle die kursus gedoen het. ‘n Vyfde persoon, Amanda Claassens, se kortverhaal Losprys is ook vir publikasie aanvaar. Haar verhaal verskyn gedurende Februarie 2012 in VROUEKEUR.

Trudy Erasmus, wat onlangs ’n kortverhaal in die bundel, Grensoorlogstories, gepubliseer het, het die kursus saam met Manie Groenewald (self ’n gepubliseerde skrywer) ontwikkel en sy bied self die kursus aan.

Die kursus bestaan uit vyf modules wat elkeen ’n ander faset van die kortverhaal behandel. Teorie, baie praktiese oefeninge en terugvoer oor die vorige dag se verhale word in so ’n module behandel.Dit beteken natuurlik dat die uitdagende en kreatiewe opdragte saans gedoen moet word. Kort-kortverhale en kortverhale wat die vorige aand geskryf is, moet krities gelees word, sodat daar sinvolle kritiek daarop gelewer kan word.

Die skryfkursus bied meer aan die voornemende en opkomende skrywers as net tien voltooide kort-kortverhale en kortverhale. Dit leer die skrywer ook hoe om woord-ekonomies te skryf en moeilike skryfstruikelblokke, soos die skryf van humor, te oorkom. Behalwe dit alles leer die skrywers om die gevreesde skryftamheid (writer’s block) en inhibisies die hoof te bied. Hierdie oefeninge help die skrywer om buite die spreekwoordelike blokkie te dink.

Geen vooropgestelde storie-idee of ’n portefeulje is nodig om hierdie kursus te doen nie. Ook nie enige verdere studie in die letterkunde nie. Skryf moet ’n passie wees en dit is al. ’n Eerste opdrag word wel vooraf aan die skrywers gestuur. Skrywers ontvang baie individuele aandag, want net tien tot twaalf persone kan by so ’n kursus toegelaat word. Persone wat die kursus wil bywoon, moet ’n skootrekenaar en twee geheuestokkies hê.

Die ontwikkeling van ’n idee na ’n storielyn, die belewingspunt van die verhaal, ontwikkeling van geloofwaardige karakters, tema, inkleding, dialoog, konflik en botsings is van die onderwerpe wat behandel word.

Vooraf-registrasie en die betaal van ’n deposito is noodsaaklik. Deposito’s word verbeur sou die bespreking gekanselleer word. Belangstellendes sal voor 21 September 2012 om 10:00 moet registreer, want daar is reeds studente vir die kursus aanvaar.

Rig navrae aan Marietjie per e-pos (marietjie@pnskryf.co.za), faks (0866730878) of per sms (074 192 7999).

Advertisements

1 Kommentaar

  1. Ek kan die kursus aanbeveel, Dwarskersbos was ‘n belewenis. Ek dink Trudy het net vergeet hoe hard ons gekerm het as ons tot 2h in die nag geskryf het! Maar ernstig, dit was die moeite werd. Ons het baie geleer, en Trudy was ‘n goeie leermeester

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: