Die Skryfbesigheid

Ons toor nog steeds met woorde…

TEL

“Dis nog net …. Hoeveel dae nog, Marietjie?” Trudy lyk maar redelik vaal en moeg.

“Nie meer lank nie, Trudy. Net nog bietjie vasbyt. Die tyd stap aan en hardloop met die langarm onder ons uit! Nog net … SEWEHONDERD-VIER-EN-VEERTIG!” antwoord Marietjie nadat sy vlugtig op haar horlosie gekyk het.

Trudy is bek-af, dikbek en redelik omgesukkel.

“En nou? As jy lyk soos een wat ‘n piering room verwag het, maar nou met ou, suur slaairoom sit?”

Trudy sug diep. Staan styf-styf op. “Ek kan nie glo dis nog so lank voor ons skryfskool op Groblersdal gaan begin nie. Met my hart, lewer, long en tong verlang ek na skryfskool hou! Nou is dit nog so dêm lank. Meer as sewehonderd dae!”

“Nee, ou suster! Jy beter jou lig en aan die gang kom. Daar’s baie te doen. Soos faailtjies bou, koeverte vul, verrassings maak … Dit is URE! Nie dae nie!”

“Tjorts …!”

(PSSSSST! As julle wil saamgaan, moet julle vir Marietjie skryf. Haar adres is: marietjie@pnskryf.co.za)

Advertisements

3 Kommentaar

  1. Kry soveel moontlik slaap in julle dapper hel(d)le!!!!

    Like

  2. Marietjie Wentzel

    Baie oulik gedoen Trudy! Twaalf uit tien!!

    Like

  3. Teen hierdie tyd is dit al amper soveel dae… gelede 🙂

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: