Die Skryfbesigheid

Ons toor nog steeds met woorde…

Dis al laat, MAAR NOG NIE TE LAAT NIE!

Dis amper al te laat om vir ons Lenteskool te Wolf’s Rock Lodge, Groblersdal te registreer. Nee, dis darem nie heeltemal waar nie.

Amptelik het julle nog net tot eerskomende Vrydag (21 September 2012) tyd om te registreer, maar ons sal registrasies tot Sondagaand (23 September 2012) om 23:00 aanvaar.

Laat dus so spoedig moontlik van jou hoor dat ons ‘n plek vir jou kan hou.

Lenteskool? vra jy.

Nee, man. Waar was jy die afgelope tyd? Ons praat mos nou al weke van die kortverhaalskryfkursus wat ons naby Groblersdal gaan aanbied.

Wanneer? wil jy weet.

Dit begin Sondag, 30 September 2012 om 16:00 en dit dit eindig Vrydag, 5 Oktober 2012. (Ons maak nie vroeg klaar nie. So, beplan maar om Vrydagaand, 5 Oktober 2012, nie vroeg huis toe te gaan nie.)

Die kursus werk! Ses skrywers het na die kursus gepubliseer. Buitendien moet jy hierdie kursus gedoen hê as jy 2013 wil saamgaan Dwarskersbos toe om ‘n Meestersklas te ontvang.

Stuur NOU vir Marietjie (marietjie@pnskryf.co.za) of Trudy (trudy@pnskryf.co.za) ‘n e-pos om meer inligting te kry of om te registreer.

Moenie tyd verspil nie. Doen dit nou!

This slideshow requires JavaScript.

Advertisements

2 Kommentaar

  1. elnazoe

    Hallo Trudy, Ek was vir 2 maande op die plaas. Het die huis en ander geboue laat verf. Was ek moeg, d i nie ’n werk vir ’n oumens nie. Daar is nie internet beskikbaar nie en mis ek toe die noodsaaklike Groblersdal. Ek het nogal gedink dat ek, DV. 2013 die kursus op Dwarskersbos sal bywoon.

    Hoop om weer van julle te hoor.

    Vriendelike groete,

    Elna Nieuwoudt.

    Like

    • Beste Elna

      Daar is ‘n paar planne vir 2013 in die mou. Ek wil nog nie te veel daaroor sê nie, maar ons beplan ‘n paar werkswinkels, ‘n wonderlike avontuurkamp en ‘n meestersklas.

      Hoekom begin jy nie solank met die aanlynkursus nie? Dit is baie belangrik as jy Dwarskersbos toe wil gaan om die kennis onder die knie te hê.

      Hoop ons hoor gou weer van jou.

      Groete.

      Trudy

      Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: