Die Skryfbesigheid

Ons toor nog steeds met woorde…

Die eerste tassie is oop!

KOM ONS SKRYF ‘N NOVELLE: 30 JUNIE 2013 – 6 JULIE 2013

Skrywers vra nou al lank dat ons die BEGINNERSKURSUS  met nog ‘n kursus opvolg.

Die besluit is gemaak; die reëlings getref. Ons gaan ‘n novelle (of ten minste meer as die helfte van die novelle) binne ses dae skryf.

Die kursus, in die vorm van ‘n werkswinkel, gaan vanaf 30 Junie 2013 – 6 Julie 2013 te Dwarskersbos aangebied word. Alhoewel ons op die eerste dag na teorie gaan kyk, sal die klem eerder op die praktiese skryf en terugvoer van geskrewe teks val.

Alle skrywers moet Sondag, 30 Junie 2012  tussen 15:00 – 17:00 registreer en inteken.

Dit is wenslik dat die skrywer met GEEN STORIELYN, gedagte, karakter en so meer, by die kursus opdaag nie. ‘n Storielyn, karakters, tonele en handeling sal aan die begin van die werkswinkels ontwikkel word. Daar sal genoeg tyd gegun word vir navorsing, lees van mekaar se teks en die ontwikkeling van nuwe teks.

Koste vir die kursus is as volg:

  1. Opsie 1 kos R5 000. Alle etes, verblyf, kursusfooi en -materiaal is  by die prys ingesluit.
  2. Opsie 2 kos R4 620. Alle etes (behalwe aandete) verblyf, kursusfooi en – materiaal is ingesluit.
  3. Opsie 3 kos R 3 800. Alle etes, kurusfooi en – matreiaal is ingesluit, maar verblyf is uitgesluit.
  4. Opsie 4 kos R 3 450. Alle etes (behalwe aandete), kurusfooi en – matreiaal is ingesluit, maar verblyf is uitgesluit.

Gewoonlik vereis ons dat 50% van die volle bedrag as deposito betaal moet word, maar ons het dit goed gedink om skrywers die geleentheid te gee om dit  in paaiemente van R500/R600/R700/R800/R1000 af te betaal.

Reis- en verblyfkostes na en van Dwarskersbos is die skrywer se eie verantwoordelikheid. Sondagaand (wanneer die kursus begin) en Vrydagaand (wanneer die kursus ophou) gaan aandete in die Laaiplek Hotel genuttig word. Die etes is vir die skrywer se rekening. Sondagaand se ete is verpligtend. Koeverte word daar uitgedeel.

This slideshow requires JavaScript.

Slegs skrywers wat voorheen ‘n skryfkursus by ons voltooi het, kan in Dwarskersbos saam kom novelle skryf. Anders moet ‘n skrywer sy/haar bedrewendheid bewys. Beginners kan ongelukkig NIE toegelaat word NIE! 

Beginners wat graag wil gaan, moet NOU met Trudy praat. Sy kan die aanlynkursus as deel van ‘n pakket (met die novelle-kursus) teen ‘n spotgoedkoop prys aanbied.

Rig navrae aan Marietjie. Haar e-posadres is: marietjie@pnskryf.co.za

Advertisements

2 Kommentaar

  1. Amanda

    Lekker vol tassie gewees! Sal die inhoud mooi moet bekyk.

    Like

Trackbacks

  1. Die Dwarskersbosskryfkursus lewer NOG ‘n gepubliseerde skrywer op | Petru-Nell Skryfbesigheid

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: