Die Skryfbesigheid

Ons toor nog steeds met woorde…

Dit is TOTSIENS. Nie vaarwel nie.

Liana Bosman

Liana Bosman

IMG_2437

Een van Liana se gewildste kortverhale. Een van Liana se gewildste kortverhale.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Liana Bosman het haar as tydskrifverhaalskrywer van anderonderskei deur haar menslike karakters,

Een van Liana se gewilde kortververhale.

Een van Liana se gewilde kortververhale.

humor en lewensgetroue situasies. Sy is een van die skrywers wat haar wortels (as skrywer) by een van Petru-Nell Skryfskool se kursusse gevoed en gevestig het. Tydens die kursus het sy dikwels haar mede-kursusgangers en die uwe (die kursusleier) verstom met die wyse hoe sy die opdragte vertolk en uitgevoer het.

Nou is Liana en haar gesin besig om te verhuis na ‘n ver, ver land waar die son minder skyn en dit bitterkoud kan word. Haar man, Rian, het werk in Alberta, Kanada, gekry.
Saam met die gesin, is ek bly vir die geleentheid wat hulle het om ‘n nuwe toekoms elders te gaan oopwerk.

Liana, baie sterkte met alleswat nog voorlê. Dis nie grappies om te verhuis nie; veral nie buiteland toe nie. Daar lê vir jou duisende nuwe stories en wag. Stories wat net jy sal kan vertel. Ek sou jou graag by die novelle-kursus wou gehad het, maar ek weet wat beteken hierdie verhuising vir julle.

Suid-Afrika en Afrikaanse verhale is ‘n e-pos ver. Laat die sleutels op jou sleutelbord sing!

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: