Die Skryfbesigheid

Ons toor nog steeds met woorde…

Monthly Archives: Januarie, 2013

Die Dwarskersbosskryfkursus lewer NOG ‘n gepubliseerde skrywer op

Vrydag het ons gehoor dat nog ‘n verhaal wat tydens die Dwarskersbosskryfkursus geskryf  is, vir publikasie deur VROUEKEUR aanvaar is. Elsabe Esterhuyse, van Laaiplek, het die kursusgangers ( en veral die kursusleier) uitasem van die lag gehad met al haar Weskusstories, maar die een wat nou die kroon span op al haar harde werk, is Die Rooi …

Lees voort

’N KURSUS OOR DIE SKRYF VAN KORTVERHALE WORD IN STUTTERHEIM AANGEBIED

’n Kursus oor die skryf van kortverhale word vanaf 31 Maart – 6 April 2013 by die Lavender Leisure Country House (Stutterheim) aangebied. ’n Kursus is ontwikkel om nuwe skrywers te help slyp aan hulle eie skryfwerk. Aspekte soos storielyn, konflik, karakters, verteller, die bou van tonele en dialoog word behandel. Trudy Erasmus, wat verlede …

Lees voort

Ons maak nog ‘n tassie oop!

Almal wat gedink het, tyd vir geskenke uitdeel is verby, dink weer! Later vanmiddag maak ons weer ‘n tassie oop waarin daar ‘n lekker verrassing vir ‘n Oos-Kaapse dorpie is. Om presies te wees, dis … Wag! Sal ek nou ‘n pretbederwer wees? Nooit nie! Wag tot later. Julle sal betyds kennis kry om nader …

Lees voort