Die Skryfbesigheid

Ons toor nog steeds met woorde…

’N KURSUS OOR DIE SKRYF VAN KORTVERHALE WORD IN STUTTERHEIM AANGEBIED

’n Kursus oor die skryf van kortverhale word vanaf 31 Maart – 6 April 2013 by die Lavender Leisure Country House (Stutterheim) aangebied.

’n Kursus is ontwikkel om nuwe skrywers te help slyp aan hulle eie skryfwerk. Aspekte soos storielyn, konflik, karakters, verteller, die bou van tonele en dialoog word behandel. Trudy Erasmus, wat verlede jaar ’n kortverhaal in die bundel, Grensoorlogstories, gepubliseer het, het die kursus saam met Manie Groenewald (self ’n gepubliseerde skrywer) ontwikkel. Sy is ook met haar Meestersgraad in Kreatiewe Skryfkuns besig. Trudy is ook die aanbieder van die kursus.

Die kursus bestaan uit vyf modules wat elkeen ’n ander faset van die kortverhaal behandel. So ’n module bestaan uit twee sessies. In een sessie word teorie bespreek en gedurende die tweede sessie word die kursusganger se kortverhaal wat hy/sy vir daardie dag geskryf het, bespreek. Dit beteken natuurlik dat die uitdagende en kreatiewe opdragte saans na kursus gedoen moet word.

Alhoewel die kursus in Afrikaans aangebied gaan word, is Engelssprekende persone wat in Engels skryf, baie welkom. Die enigste vereiste is dat hulle Afrikaans moet kan lees en verstaan sodat hulle sinvolle terugvoer kan gee aan skrywers wat in Afrikaans skryf.

Die skryfkursus bied meer aan die voornemende en opkomende skrywers as net tien voltooide kortverhale. Dit leer die skrywer ook hoe om woord-ekonomies te skryf en om moeilike skryfstruikelblokke, soos humor, te oorkom. Elke lesing bevat ’n oefening om die verbeelding aan te vuur en kreatiwiteit te s

Bring die swemklere saam om soms 'n bietjie af te koel

Bring die swemklere saam om soms ‘n bietjie af te koel

Lieflike tuine laat mens heerlik ontspan

Lieflike tuine laat mens heerlik ontspan

Lavender House Country House

Lavender House Country House

Stylvolle sitkamer

Stylvolle sitkamer

Ruim kamers

Ruim kamers

timuleer. Behalwe dit alles leer die skrywers om die gevreesde skryftamheid (writer’s block) en inhibisies die hoof te bied. Hierdie oefeninge help die skrywer om buite die spreekwoordelike blokkie te dink. Aan die einde van die kursus behoort die skrywer ook tien tot twaalf nuwe idees te hê wat verder uitgebou kan word tot volwaardige verhale.

Daar word nie van die skrywer verwag om met ’n vooropgestelde storie idee of ’n portefeulje by die kursus aan te meld nie. ’n Eerste opdrag word wel vooraf aan die skrywers gestuur en dit moet teen ’n spesifieke sperdatum gereed wees, sodat dit aan almal vir voorbereiding beskikbaar gestel kan word.

Om ’n nuwe storie-idee te ontwikkel, is dikwels die moeilikste van skryf. Daarom word daar baie tyd aan dié afdeling bestee. Die skrywers ontvang baie individuele aandag, want net tien tot twaalf word by die kursus toegelaat. Van die onderwerpe wat hanteer gaan word, is die ontwikkeling van ’n idee na ’n storielyn, die belewingspunt van die verhaal, ontwikkeling van geloofwaardige karakters, inkleding, dialoog, konflik en botsings.

Hierdie kursus, wat al in Pretoria en Dwarskersbos aangebied is, het al meer as een gepubliseerde skrywer opgelewer en is baie gewild onder nuwe skrywers. Vooraf bespreking is daarom noodsaaklik. Belangstellendes sal voor 24 Maart 2013 om 22:00 plek moet bespreek. Plek is beperk, want daar is reeds studente vir die kursus aanvaar.

Inskrywingsvorms en brosjures is by Amatola Spar, Stutterheim beskikbaar. Vra vir die Deli-bestuurder, Helena Pretorius (078 832 2630). Inskrywingsvorms en brosjures kan ook per e-pos vanaf Marietjie Wentzel (marietjie@pnskryf.co.za), faks (086 673 0878) of per SMS (074 192 7999) aangevra word.

Navrae kan aan Helena of Marietjie gerig word.

Advertisements

3 Kommentaar

  1. Amanda

    Ek kan so ’n kursus van harte aanbeveel! Ons het tydens ons kursus op Dwarskersbos dikwels gehuil: soms van die lag, soms van die moeg, soms van empatie wat tussen die kursusgangers gevorm het. ’n Belewenis wat ek steeds koester.

    Like

  2. Ek koester ook elke oomblik daarvan. Vir my was dit netso spesiaal.

    Like

Trackbacks

  1. Die Dwarskersbosskryfkursus lewer NOG ‘n gepubliseerde skrywer op | Petru-Nell Skryfbesigheid

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: