Die Skryfbesigheid

Ons toor nog steeds met woorde…

Die Dwarskersbosskryfkursus lewer NOG ‘n gepubliseerde skrywer op

horlosie4

Dalk het dit tyd geword dat jy jou drome vlerke gee

Elsabe Esterhuyse

Elsabe Esterhuyse

Die mooi Weskus het beslis die kreatiwiteit aangevuur

Die mooi Weskus het beslis die kreatiwiteit aangevuur

Vrydag het ons gehoor dat nog ‘n verhaal wat tydens die Dwarskersbosskryfkursus geskryf  is, vir publikasie deur VROUEKEUR aanvaar is. Elsabe Esterhuyse, van Laaiplek, het die kursusgangers ( en veral die kursusleier) uitasem van die lag gehad met al haar Weskusstories, maar die een wat nou die kroon span op al haar harde werk, is Die Rooi Gedaante.  Ons weet nog nie wanneer die verhaal in VROUEKEUR gaan verskyn nie. So hou die Vrouekeur dop.

Amanda Claassens se Losprys  is die ander verhaal wat  binnekort in VROUEKEUR gaan verskyn. Amanda het ons skryfkompetisie gewen en het haar prys gebruik om die kursus op Dwarskersbos by te woon.

Diegene wat wonder wat het alles op Dwarkersbos gebeur, kan gerus by die volgende skakel gaan inloer. Alles word daar gebieg. https://pnskryf.wordpress.com/2012/08/11/sestig-nuwe-afrikaanse-kort-en-kort-kortverhale-tydens-dwarskersboskursus-geskryf/

As jy t brand om ook gepubliseer te kom, kom woon een  een van ons kursusse by. Die eerste een word van 31 Maart – 6 April 2013 op Stutterheim aangebied. As jy nie te ver van Stutterheim af woon nie, kan jy jou inskrywingsvorms en brosjures by Helena Pretorius (Amatola Spar se Deli) gaan afhaal. Anders kontak vir Marietjie Wentzel per e-pos marietjie@pnskryf.co.za  Lees meer oor die kursus deur die volgende skakel te volg. https://pnskryf.wordpress.com/2013/01/05/n-kursus-oor-die-skryf-van-kortverhale-word-in-stutterheim-aangebied/

Daar word ook weer ‘n kursus op Dwarskersbos aangebied, maar met ‘n verskil. Ons gaan poog om ten minste die helfte van ‘n volledige novelle te skryf. Daarom gaan ons persone vir die kursus moet keur. Skrywers wat ‘n vorige PNSkryfskool kursus voltooi het, kwalifiseer outomaties vir die novellekursus. So ook persone wat al een of twee verhale in tydskrifte gepubliseer het. (Bewys van gepubliseerde verhale moet gelewer kan word.) Anders kan voornemende studente drie kortverhale (nie langer as 1 000 woorde elk nie) aan trudy@pnskryf.co.za of marietjie@pnskryf.co.za  vir keuring stuur.

Lees meer oor die kursus deur die skakel te volg: https://pnskryf.wordpress.com/2012/11/26/die-eerste-tassie-is-oop/

NAVRAE oor die kortverhaalkompetisie kan aan Marietjie gerig word: marietjie@pnskryf.co.za. Sluitingsdatum is 31 Januarie 2013.

Advertisements

3 Kommentaar

  1. Amanda

    Ons is bly saam met Elsabé! Beslis n lekkerlees storie.

    Like

  2. Michelle

    Die ys is gebreek! Geluk Elsabe! Hoop om nog vele vorentoe te lees, veral daardie wat ons so lekker laat lag!

    Like

  3. Baie baie geluk, dis awesome !

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: