Die Skryfbesigheid

Ons toor nog steeds met woorde…

OPWINDENDE NUUS

KOERANT

Ons gaan van nou af  ‘n kwartaalikse elektroniese nuusbrief uitgee propvol projektenuus, skryfwenke, prestasies van medeskrywers, vingeroefeninge, kompetisie-nuus en ‘n grappie of twee.

Ja! En ‘n kreatiewe teks of twee van ANDER skrywers. Ongelukkig op hierdie stadium sonder vergoeding. As jy dus ‘n kort-kortverhaal van 200 – 400 woorde het, twee korterige gedigte, ‘n korterige drama of uittreksel uit ‘n roman wat jy vir publikasie in die elektroniese nuusbrief wil voorlê, moet djy dit asseblief aan ons e-pos: trudy@pnskryf.co.za of marietjie@pnskryf.co.za. Nie alle tekste sal sommer aanvaar word nie. Dit moet regtig van hoogstaande kwaliteit wees.

RIGLYNE WANNEER TEKSTE VOORGELê WORD

  • Gebruik Arial of Times New Roman as lettertipe en hou by ‘n 12pt lettergrootte.
  • Hou by die formatiewe voorskrifte van die betrokke tekssoort.
  • Kort-kortverhale, dramas, sketse, essays en dies meer mag nie ‘n woordtelling van 400 woorde oorskrei nie.
  • Redigeer jou eie werk voordat dit voorgelê word. Die redaksie van die Nuusbrief het die reg om verder aan die teks te redigeer.

Laat weet ons ook as jy die nuusbrief wil ontvang. Stuur ‘n e-pos na trudy@pnskryf.co.za

Lekker skryf, almal.

Advertisements

4 Kommentaar

  1. elnazoe

    Hallo Trudy,

    Natuurlik wil ek graag die nuusbrief hê, en ook enige soort brief. Ek wil graag deelneem aan die aan die “publikasie!”

    Groot groete,

    Elna Nieuwoudt.

    Like

  2. Welkom by ons, Elna. Die nuusbrief word op die oomblik geredigeer en ons stuur dit daarna so gou as moontlik uit.

    Die keerdatums vir bydraes asook ons e-posadres, is alles daarin.

    Like

  3. Karelien

    Hallo,
    Ek wil net uitvind of die nuusbrief en die moontlikhede om deel te neem nog oop is?

    Like

    • Lekker om van jou te hoor, Karlien. Jy is baie welkom om vir ons bydraes te stuur wat ons op ons blog onder “VONKERS” kan plaas, maar ons keur die gedigte en kortverhale eers. As dit vir publikasie geskik is, plaas ons dit graag.

      Stuur jou bydrae na skryfbesigheid@outlook.com

      Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: