Die Skryfbesigheid

Ons toor nog steeds met woorde…

WAT LEES JY OP DIE OOMBLIK EN WAT DINK JY DAARVAN?

Fees van die ongenooides

Ek is op die oomblik besig om FEES VAN DIE ONGENOOIDES (PG du Plessis) te lees. Wat ‘n leeservaring is dit nie! Die boek gryp my aan. Ek kan dit beswaarlik neersit.

Nou toe. Vertel ons wat lees jy op die oomblik en wat dink jy van die boek.

Advertisements

2 Kommentaar

  1. Ek lees tans Die ikoon, deur Johan Smit.

    Ek het nog nie ver gevorder nie, en wil nie te gou ‘n uitspraak waag nie. Die skrywer is besig om verskeie karakters bekend te stel, wat later in groepsverband gaan bymekaar kom; ek is nogal nuuskierig om te sien hoe dit gaan uitspeel.

    Like

  2. elnazoe

    Naand Trudy,

    Ek lees nou House Rules van Jody Picoult. Dit gaan oor ’n seun met die ergste vorm van outisme. Baie goed geskryf. Sy laai die spanning op deur elke karakter se belewenisse in ’n nuwe paragraaf te skryf, leidrade

    agter te laat en jou so die einde ook in jou kop te laat skryf. Ek was nogal in die kol met my speurvernuf!

    Fees van die Ongenooides, is darem soos die ou Toyota advertensie, in ’n klas van sy eie. Viva PG!

    Gegroet,

    Elna Nieuwoudt.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: