Die Skryfbesigheid

Ons toor nog steeds met woorde…

Gee jou drome vlerke

Hoërskool Voortrekkerhoogte
bied aan

skoollogo

Gee jou drome vlerke
KORTVERHAALWERKWINKEL

18 Mei 2013 om 08:00

wit rekenaar Is dit jou droom om ’n boek en brilverhaal te skryf en dit laat publiseer?
NOU is daar ’n kans om jou drome vlerke te gee.

WAT WORD AANGEBIED
’n Kortverhaalwerkwinkel word 18 Mei 2013 om 08:00 te Hoërskool Voortrekkerhoogte, Johannes Kockweg 29, Thaba Tswane, aangebied.

WIE MAG DIT BYWOON?
Enige persoon wat 15 jaar of ouer is, mag vir die werkwinkel inskryf. Al word die werkwinkel in Afrikaans aangebied, is enige persoon wat Afrikaans goed verstaan en in Afrikaans of Engels skryf, baie welkom om die werkwinkel by te woon. Ons verwelkom dus leerders, ouers, onderwysers en lede van die gemeenskap om aan hulle drome by ons te kom vlerke gee.

GASSPREKER
Wie: Desireé Homann
Onderwerp: Die dissipline wat skryf verg, met spesiale verwysing na die skryf van ontspanningslektuur.

Mev Desireé Homann het haar Meestersgraad in Kreatiewe Skryfkuns onder leiding van die Hertzog-pryswenner, Prof Henning Pieterse, verwerf. Mev Homann vertaal ook gereeld Engelse ontspanningsfiksie (Mills & Boons-boeke) in Afrikaans.

VOORLOPIGE PROGRAM
08:00 – 08:30 Registrasie en koffie

08:30 – 08:45 Verwelkoming

08:45 – 10:30

  • Skryfproses
  • Elemente van ’n kortverhaal
  • Plot
  • Karakterisering
  • Skep van atmosfeer
  • Tema
  • Dialoog
  • Perspektief
  • Versorging van die manuskrip

10:30 – 11:00 Tee

11:00 – 12:00 Die dissipline wat skryf verg, met spesiale verwysing na die skryf van ontspanningslektuur

12:00 Vrae en antwoord-sessie

13:00 – 13:30 Middagete

13:30 Groepbespreking van ingeskrewe kortverhaal

VEREISTES
1. Bespreek plek voor/op 11 Mei 2013.
2. Betaal ten minste ’n deposito (50% van die bedrag verskuldig) met bespreking om so ’n plek te verseker. Die res van fooi is met registrasie betaalbaar. Die deposito is nie terugbetaalbaar sou ’n persoon nie vir die werkwinkel opdaag nie.
3. Stuur ’n kortverhaal van NIE meer as 700 woorde NIE per e-pos na trudy@pnskryf.co.za Hierdie kortverhaal sal tydens die groepwerk bespreek en geslyp word.

KOSTE
Groepbespreking van 10 of meer persone: R200 per persoon
Groepbespreking van 5 – 9 persone: R230 per persoon
Individuele besprekings: R250 per persoon

Leerders en onderwysers van Hoërskool Voortrekkerhoogte betaal ’n ander tarrief. Doen persoonlik hieroor by een van die Afrikaanse onderswysers navraag. Inskrywingsvorms is ook by hulle beskikbaar.

Geld wat met hierdie projek ingesamel word, word aangewend om behoeftige graad 12-leerders se matriekafskeiddrome vlerke te gee. Die res van die geld word opsy gesit om aanstaande jaar ’n nog groter werkwinkel aan te bied.

REGISTRASIE EN NAVRAE
Trudy Erasmus
Klaskamer B4
Hoërskool Voortrekkerhoogte
Johannes Kockweg 29
ThabaTswane
0143
Telefoon: 012 651 4434 of 0722104385 (Bedags na 14:00)
E-pos: hsvth@lantic.net of trudy@pnskryf.co.za
Faks: 012 651 5112 of 086 652 7946

Registrasies sluit op11 Mei 2013 om 23:00.

Advertisements

1 Kommentaar

  1. elnazoe

    Hallo Trudy, Baie dankie vir die uitnodiging, maar ek is ,as die Liewe Vader dit wil dan in die Strand om vir my “”N aftree-plek te gaan soek.

    Ek gaan aan jou vorige aanbieding deelneem,my Ysterkoei gaan saam!

    Lekker werkwinkel hou.

    Groete,

    Elna Nieuwoudt.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: