Die Skryfbesigheid

Ons toor nog steeds met woorde…

KORTVERHAAL-SKRYFKURSUS IN GAUTENG: 2014

Een beginnerskursus word tot dusver vir September 2014 beplan. Die kursus sal in die Pretoria (Centurion-omgewing) plaasvind. Die kursus vind op vyf Saterdae plaas. Gedurend die Saterdag word een module afgehandel en so ‘n dag bestaan uit twee sessies:

  • Voor middagete: ‘n Voëlvlugblik oor sekere literêr teoretiese terme wat vir die skryf van verhale nodig is EN skryf-
    /vingeroefning sal ook deur die loop van die oggend gedoen word.
  • Na middagete: Verhale wat die vorige week geskryf is, word in ‘n simpatieke omgewing binne groepsverband bespreek.

Skrywers kan verseker wees: Ten opsigte van skryfoefeninge word daar beslis ver buite die spreekwoordelike boks gedink. Verhale wat tydens en na aanleiding van hierdie oefeninge geskryf is, is al vir publikasie aanvaar.

Skrywers moet daarom liefs nie met ‘n gedagte of idee vir ‘n nuwe verhaal opdaag nie. Dit kan dalk net die pret bederf.

DATUMS

(Daar kan ‘n geringe verskuiwing ten opsigte van die datums plaasvind, maar skrywers sal vroegtydig daarvan in kennis gestel word.)

  • Kursus begin op – Module 1:  30 Augustus 2014
  • Module 2: 6 September 2014
  • Module 3: 13 September 2014
  • Module 4: 20 September 2014
  • Kursus sluit af: 27 September 2014

INHOUD

Al vorm die ou, bekende PNSkryfskool kursus die basis van die nuwe beginnerskursus, word die kursus saam met Die Skryfskool vernuwe. Die feit dat daar opvolgkursusse is en dat ander genres aangedurf word, het hierdie verandering genoodsaak.

AL die modules moet gedoen word.

Enige van die vorige PNSkryfskool studente is baie welkom om enkele van die modules by te woon teen R760-00 per Saterdag. 

MODULE 1: ONTWIKKELING VAN ‘N  GOEIE VERHAAL

  1. Storie-fonteine
  2. Die skryfproses
  3. Elemente van ‘n verhaal
  4. Intrige (Die bou van ‘n spannende storielyn).

MODULE 2: ONTWIKKELING VAN GELOOFWAARDIGE KARAKTERS

  1. Karakters in ‘n verhaal: protagonis, antagonis, ondersteuningskarakters en bykarakters.
  2. Konflik en spanning
  3. Verskillende vertellers
  4. Perspektief

MODULE 3: SKEP VAN ‘N GEPASTE ATMOSFEER

  1. Tyd
  2. Plek
  3. Atmosfeer
  4. Wys teenoor vertel
  5. Navorsing

MODULE 4: KEN DIE MARK

  1. Tema
  2. Boods
  3. kap
  4. Mark
  • Uitgewers
  • Tydskrifte
  • Aanlynpublikasies
  • Self-publikasie

MODULE 5: TEKSVERSORGING, REDIGERING EN AFRONDING

  1. Gebruik taal as instrument reg
  2. Tegniese versorging van ‘n manuskrip
  3. Redigering
  4. Verstaan en gebruik AL JOU INSTRUMENTE korrek
  5. Hardkoppigheid … kan jou skrywerskippie laat sink.

KOSTES

Die kursus kos R3 800 en vir die bedrag kry jy:

  • Kursusmateriaal
  • Lekker koffie, tee en sap deur die loop van die dag
  • ‘n Ligte eetdingetjie (soos ‘n kolwyntjie/botterbroodjie) vir ontbyt
  • Lekker middagete
  • Laatmiddag sonde (soos koek of tert)
  • Vyf kortverhale en vyf kort-kortverhale wat byna gereed is vir publiksie (met ander woorde tien klaar verhale en baie idees vir nuwe verhale)
  • Nuwe vriendskappe

Betaling kan per EFT,  kontant of  bankdeposito geskied. Gewoonlik verlang ons ‘n deposito van R1 900, maar afbetaling in vier of meer paaiemente kan gereël word.

Die enigste vereiste is: Die volle bedrag moet met die aanvang van die kursus betaal wees.

Die deposito word verbeur sou ‘n skrywer nie opdaag nie of nie die afbetalingsooreenkoms nakom nie.

REGISTRASIE

Skrywers moet teen 20 Augustus 2014 registreer.  Laat registrasie kan slegs teen ‘n addisionele fooi van R150 – 00 aanvaar word.

Vul die ingeslote registrasievorm in. ‘n Kwotasie word daarna aan u gestuur waarop al die bankbesonderhede verskyn. Slegs wanneer u die kwotasie geteken en die volle deposito (of ten minste R1 000 – 00 daarvan) betaal het, sal u as geregistreer beskou word.

Advertisements

1 Kommentaar

  1. Reblogged this on Die Skryfbesigheid and commented:

    Inskrywings sluit 20 Augustus 2014

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: