Die Skryfbesigheid

Ons toor nog steeds met woorde…

WENKE OM GEDISSIPLINEERD AAN TE HOU SKRYF (al is dit vakansie)

Dit is vakansie en almal geniet hulle gate uit. Net jy nie, want jy wil skryf. OF jy moet skryf. Vakansies is óf die enigste tyd wat jy het om te skryf óf jy het nie eintlik vakansie nie omdat skryf jou brood en botter is.

Maar hoe gemaak as almal om jou in ‘n vakansie-luim is en van jou verwag om die genietinge met hulle te deel?

BEPLAN

Fyn beplanning is nodig om gedurende die vakansie by jou skryfdoelwitte uit te kom, maar ook om jou skryftenk vol te maak en tyd saam met die gesin deur te bring.

  1. Stel vir jouself ‘n rooster op.
  2. Ruim tyd in vir skryf, lees of om ‘n ander stokperdjie te beoefen
  3. Maak seker jy spandeer tyd saam met jou gesin.
  4. As daar in jou dag nie genoeg ure is nie, staan vroeër op of gaan slaap later om te kan skryf, maar moenie uitstel nie. As jy vandag nie geskryf kon kry nie, gaan dit môre nog moeiliker wees om vandag se werk in te haal.
  5. Maak seker jou huismense weet wat jou skedule is, maar wanneer jy dit beplan, neem hulle behoeftes, planne en tyd in ag. So sal jy makliker hulle samewerking kry.
  6. Hou by jou skedule.
  7. Stel doelwitte op. Besluit hoeveel woorde jy aan die einde van die vakansie geskryf wil hê. Maak ‘n eenvoudige deelsom om te bepaal hoeveel woorde jy per dag moet skryf.
  8. Maak seker jy het genoeg tyd in jou dag om te bid en te mediteer.
  9. Moenie jou geliefde afskeep nie.
  10. Maak seker dat die plekkie waar jy skryf, gemaklik, gerieflik en stil is. ‘n Mooi uitsig is natuurlik altyd ‘n bonus.

HERVUL JOU SKRYFTENK 

Dit is belangrik om hierdie tyd van die jaar ook genoeg te rus en so jouself te inspireer, nuwe skryfstukke aan te pak of om ‘n stuk waarmee jy  lankal sukkel, af te handel. Hier is ‘n paar wenke:

  1. Slaap elke middag ‘n kort rukkie.
  2. Speel met jou kinders of iemand anders se kinders sodat jy net weer in voeling kan kom met die kind in jou.
  3. Stap gereeld en doen oefening waarvan jy hou of wat jy geniet.
  4. Lees alles waarop jy jou hande kan lê. Skrywers wat  nie lees nie, is arm aan styl, tegniek, kennis en idees.
  5. Gaan fliek en as jy met Jan Tuisbly ry, gaan drink koffie saam met iemand wat jy lanklaas gesien het.
  6. Kyk hoe gaan die son onder.
  7. Spandeer ‘n dag of twee in die natuur.
  8. Bid en mediteer gereeld.
  9. Geniet gereeld ‘n lang bad by kerslig.
  10. Bederf jou geliefde met ‘n lang, romantiese ontbyt.

WANNEER DIE IDEES OPDROOG

Soms raak mens se idees net op. Of so voel dit vir jou. Solank daar mense is, is daar iets om oor te skryf. Kyk of hierdie wenke jou help.

  1. Lees.
  2. Vra vir vyf vriende om elkeen vir jou ‘n woord te gee sonder om te lank aan die woorde te dink. Maak ‘n sin met elke woord en voeg hierdie sinne dan saam in een paragraaf.
  3. Blaai deur ‘n koerant of tydskrif. Lees veral die klein advertensies.
  4. Gaan drink alleen koffie en luister na wat die mense om jou sê. Waaroor gesels hulle?
  5. Laat iemand vir jou ‘n paragraaf skryf waarop jy moet antwoord.
  6. Neem ‘n pen en papier en skryf sommer net ‘n klomp woorde en sinne neer. Op die manier skryf jy dalk ‘n paar gedagtes los.
  7. Hou mense dop.
  8. Vul ‘n karakterkaart vir drie karakters in.
  • So ‘n karakterkaart is op aanvraag van skryfbesigheid@outlook.com beskikbaar of anders vul die vorm in.
  • Persone wat nog nie ‘n skryfkursus by die Die Skryfbesigheid gedoen het nie, sal ongelukkig R50 – 00 daarvoor moet betaal.
  • Begin vir elke karakter ‘n plakboek.

Businesswoman with Crumpled Paper at Computer keyboard

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: