Die Skryfbesigheid

Ons toor nog steeds met woorde…

SKRYFKOMPETISIE 2014 -Kwarts Publishers borg ook pryse

Logo skryfbesigheidSkryfkompetisie 2014

Kompetisiereëls

DOEL

Om vir nuwe skrywers wat nog nie by ʼn erkende uitgewer uitgegee het nie, ook ʼn kans te gee om hulle skryftalent te ontwikkel.

TEMAS

Die skrywer kan sy eie tema kies.

VEREISTES

Elke inskrywing moet ʼn kort-kortverhaal van maksimum 800 woorde, asook ʼn langer kortverhaal van maksimum 1 500 woorde insluit. As die deelnemers nie aan hierdie vereiste voldoen nie, gaan hulle inskrywing gediskwalifiseer word.

Deelnemers kan ook addisionele kort-kortverhale of kortverhale instuur teen ʼn laer inskrywingsfooi. Sien reëls vir besonderhede.

PRYSE

Algehele eerste plek

AFSLAG ter waarde van R1 500 vir enige skryfkursus van Die Skryfskool in 2014/2015, wat al die kursusmateriaal insluit. Een nag verblyf vir een persoon wat vir vyf dae of langer by Jubel’nJuig bespreek, word by die eerste prys ingesluit. (Hierdie prys sluit etes en verblyf uit.)

Algehele tweede plek

AFSLAG ter waarde van R1 200 vir enige skryfkursus van Die Skryfskool in 2014/2015, wat al die kursusmateriaal insluit. Een nag verblyf vir een persoon wat vir ses dae of langer by Jubel’nJuig bespreek, word by die tweede prys ingesluit.

(Hierdie prys sluit etes en verblyf uit.)

Algehele derde plek

AFSLAG ter waarde van R1 000 vir enige skryfkursus van Die Skryfskool in 2014/2015, wat al die kursusmateriaal insluit. (Hierdie prys sluit etes en verblyf uit.)

Algehele  vierde plek

AFSLAG ter waarde van R900 vir enige skryfkursus van Die Skryfskool in 2014/2015, wat al die kursusmateriaal insluit. (Hierdie prys sluit etes en verblyf uit.)

Bykomend tot hierdie pryse stap die vier wenners weg met pryse wat Kwarts Publishers borg. Die waarde van elke prys is R700 en sluit in:

  • Gratis evaluasie ter waarde van R200. (Kwarts Publishers sal slegs manuskripte publiseer wat aan hul riglyne voldoen en evaluasie geslaag het. Kompetisie-wenners se manuskripte behoort sonder probleme evaluasie te slaag, maar indien nie sal verdere regstellings, redigeringskoste en her-evaluasie (R200) vir die skrywer se onkoste sal wees.)
  •  

  • Wanneer die manuskrip goedgekeur is vir publikasie sal Kwarts Publishers ’n kwotasie uitwerk vir die omslag-ontwerp, teksuitleg, e- ISBN registrasie in die skrywer se naam by die nasionale biblioteek sowel as publikasie en verspreiding van die e-boek na Kwarts, Kalahari, Exclusive Books, Leisure Books / Leserskring, Mybooks, Myafrikaans, CNA en PNA se aanlyn-winkels. Kwatrs Publishers bied R500 afslag op hierdie totale koste.
  • Neem kennis: 

    Geen van bogenoemde pryse sluit reis- en verblyfkostes in nie. Pryswenners is self daarvoor verantwoordelik.

    REËLS

    • Maak seker dat u presies weet wat die reëls van hierdie kompetisie is aangesien inskrywings gediskwalifiseer sal word indien die reëls verontagsaam word.
    • Alle verhale moet getik en dan elektronies ingehandig word.
    • Deelnemers moet seker maak dat hulle aan hierdie belangrike vereiste voldoen. Die lengte van die skryfstukke is:

    Kort-kortverhale: 800 woorde

    Kortverhale: 1500 woorde

    • Enige skrywer ouer as 18 jaar kan aan die kompetisie deelneem.
    • Indien ʼn deelnemer reeds by ʼn erkende uitgewer (Lapa, Human en Rossouw, ens.) gepubliseer het, mag hy/sy nie aan hierdie kompetisie deelneem nie.
    • Die inskrywing moet in AFRIKAANS wees.
    • Die inskrywings moet die eie oorspronklike werk van die outeur wees.
    • Elke inskrywing (d.w.s. een kort-kortverhaal en een kortverhaal) moet vergesel wees van ’n inskrywingsvorm en inskrywingsfooi ter waarde van R75.00 (vyf en sewentig rand). Vir elke addisionele verhaal wat u naas hierdie verhale instuur, moet u ’n addisionele inskrywingsfooi van R25 per verhaal betaal. M.a.w. as u een inskrywing en twee addisionele verhale inskryf word die inskrywingsfooi as volg bereken: R75 + (2x R25) = R125
    • Betaling kan geskied in die vorm van internet oorbetaling of kontant inbetalings by die bank soos hieronder gespesifiseer. Indien u kontant oorbetaal, moet u 1% bankkoste van die totaal wat u inbetaal byreken.  GEEN TJEKS WORD AANVAAR NIE. ʼn Afskrif van die inbetaalstrokie of bewys van die internet-betaling moet u inskrywing vergesel.
    • Deelnemers sal alle manuskripte elektronies terug ontvang, waarop die kommentaar van die beoordelaars verskyn.
    • Die deelnemer se naam mag slegs op die inskrywingsvorms verskyn en nie op die verhale self nie. Bring egter die volgende in die regterhoek bo aan: ………/2014 sodat ’n nommer aan u verhaal toegeken kan word. Onthou: Dit word anoniem aan keurders voorgelê.
    • Langs die titel moet ook die aantal woorde tussen hakies aangedui word: bv. (795 woorde).
    • Beide kortverhale moet asseblief in dubbelspasiëring en in ’n leesbare lettertipe van minstens 12 pt grootte getik word. ’n Eenvoudige lettertipe soos ‘Arial’ of ‘Times New Roman’ word aanbeveel. Geen handgeskrewe inskrywings word aanvaar nie. Kortverhale moet asseblief in MSWord voorgelê word sodat beoordelaars kommentare en aanbevelings in die “Review Mode” kan aanbring.

    Sluitingsdatum vir alle inskrywings is 30 April 2014.

    • Stuur alle inskrywings met bewys van betaling aan: skryfbesigheid@outlook.com Ontvangs sal per e-pos erken word.
    • Geen inskrywings mag direk aan enige van die organiseerders oorhandig word nie. Die organiseerders kan ook nie verantwoordelik gehou word vir inskrywings wat verlore raak nie.

    Inskrywingsvorms kan van  Trudy Erasmus (072 210 4385), faks (086 245 2671) of per e-pos skryfbesigheid@outlook.com aangevra word.

    Rig ander navare ook aan Trudy.

    • Alle inskrywings word aan onafhanklike beoordelaars voorgelê. Elke beoordelaar het sy eie unieke manier van beoordeel, maar u sal terugvoering ontvang.
    • Die beoordelaars en/of organiseerders behou die reg voor om sommige of al die pryse nie toe te ken nie, sou die standaard van die inskrywings dit nie regverdig nie of daar enige ander rede mag ontstaan.
    • Die tyd vir beoordeling word bepaal deur die aantal inskrywings wat ontvang word. Daar word gepoog om die wenners teen einde Junie 2014 bekend te maak. Alle wenners sal per epos of faks verwittig word, waarna uitslae op ons Facebook blad en Blog bekend gemaak sal word.
    • Skrywers wat al voorheen aan hierdie kompetisie deelgeneem het, mag weer inskryf.

    Advertisements

    1 Kommentaar

    1. Reblogged this on Die Skryfbesigheid and commented:

      Ons is reeds een maand nader aan die sluitingsdatum

      Like

    Lewer kommentaar

    Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

    WordPress.com Logo

    Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

    Twitter picture

    Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

    Facebook photo

    Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

    Google+ photo

    Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

    Connecting to %s

    %d bloggers like this: