Die Skryfbesigheid

Ons toor nog steeds met woorde…

WEN wonderlike AVON PRODUKTE

Logo skryfbesigheidgeskenkWat maak ‘n blog anders as ‘n webblad?

Daar is baie verskille. Een van die GROOT en lekkerste verskille is dat ‘n blog onmiddellik is. Verder laat dit tweerigtingkommunikasie, onmiddellike terugvoer en gesprekvoering toe.

Daarom wil ons almal uitnooi om SAAM TE PRAAT. Volg ons blog, lewer kommentaar en vra  vrae.

‘n Persoon wat kommentaar op ons plasings lewer, kan ‘n heerlike bederfpakkie vol Avon-produkte wen.

Die kommentaar moet:

  1. handel oor enige plasing van Die Skryfbesigheid wat vanaf 29 November 2013 – 22 Januarie 2014 op hierdie blog verskyn het.
  2. kreatief, eerlik, opbouend, sprankelend en toepaslik wees.
  3. van ‘n goeie smaak en skryfstyl getuig.

Indien daar geen kommentaar ontvang word wat aan die vereistes voldoen nie, sal die prys oorgedra word na die volgende kompetisie wat op die blog geloods gaan word.

Onthou: hoe meer jy saampraat, hoe groter is die kans dat jy kan wen!

(Kontak Trudy Erasmus – as jy Avon-produkte van haar wil  bestel.  Bestellings open op 2 Januarie 2014 en die produkte kan in die Avon-brosjure besigtig word.)

Advertisements

Die kommentaar is gesluit.

%d bloggers like this: