Die Skryfbesigheid

Ons toor nog steeds met woorde…

HOE OM SPANNING EN KONFLIK DEURLOPEND VOL TE HOU

Logo skryfbesigheidAs ‘n verhaal my nie van begin tot die einde boei nie, sit ek dit maklik neer. Ek voel nooit verplig om ‘n verhaal van begin tot einde klaar te lees nie. As dit nie ‘n aangename leeservaring is nie, hou ek nie aan met lees nie en klaar!

Geen skrywer wil ooit hoor dat iemand sy of haar verhaal halfpad neergesit het nie.

Waarom sal ek ‘n verhaal neersit?

  1. Karakterisering is oninteressant en onoortuigend.
  2. Atmosfeer en toneel-inkleding is flou of bestaan nie.
  3. Die storielyn oortuig nie.
  4. Daar is geen konflik of spanning nie.

Dit is juis oor konflik en spanning waaroor die skrywe handel.

Hoe kan ‘n skrywer verseker dat konflik en spanning deurlopend volgehou word?

Veral as jy met ‘n langer verhaal besig is, moet jy toesien dat jou spanningslyn nie verbreek word nie en dat konfliksituasies nie onnodig onderbreek word nie. Daarom wil ek die volgende wenke aan die hand doen.

Om tyd te bespaar wil ek ook aan die hand doen dat jy alles binne ‘n notaboek plak of in ‘n houer plaas. Die houer is dalk bietjie onprakties, want jy kan dit nie so maklik oral met jou saamdra nie. Ja, dit kan seker elektronies gedoen word, maar soms skryf ek gedagtes los wanneer ek met pen op papier skryf. Die keuse is dus joune of jy ‘n boek gaan gebruik of ‘n elektroniese plakboek gaasn byhou.

Ken jou karakters

Jy moet weet wat is vir jou karakters belangrik is; wat laat hulle rooi sien en wat laat hulle onder spanning knak. Voltooi daarom ‘n karakterkaart vir elkeen van jou belangrikste karakters. Dit sal jou help om elke karakter se familiegeskiedenis, voor- en afkeure, stokperdjies, doelwitte ensomeer vir vinnige verwysing bymekaar te hou. Wanneer jy soveel van iemand weet, is jy sensitief vir oorsake van konflik. As skrywer moet jy konflik tussen mense juis nie vermy nie, maar byna uitbuit.

Plak sommer prentjies van hoe jou karakters lyk by die karakterkaart in, want dit sal jou later baie tyd bespaar. Jy kan selfs ‘n joernaal vir jou hoofkarakter open waarin jy namens die karakter skryf.

Beplan jou storielyn

‘n Fyn balans moet tussen beplanning en spontane skryf gehandhaaf word. Te veel beplanning kan spontane skryf inhibeer. Te min beplanning kan veroorsaak dat die storielyn “los” geskep word. Die skrywer kan verlei word om af te wyk van gebeure en konflik wat vir die voortbeweging van die verhaal belangrik is. Stel dus ‘n skematies voorstelling op van hoe gebeure van die begin tot aan die einde moontlik kan gebeur.

Spontaniteit moet nooit ingeboet word nie. Laat ‘n verhaal toe om homself te skryf.

Wat belangrik is, skryf elke dag in jou beplanningsboek wat vandag gebeur het. Hou die opsomming kort. Sluit elke opsomming af deur aan jouself drie vrae te vra en dan self die vrae te beantwoord. Voorbeelde volg hierna. Gebruik elke dag die woorde wat in die voorbeelde in kursief gedruk is.

  1. Sê nou Karakter A verkul Karakter B deur eerder Karakter C se (veel duurder) aanbod te aanvaar? Jou antwoord kan so iets wees: Karakter B kan hom vererg en wreekwraak beplan deur Karakter C met ‘n slenter te vang. OF: Karakter B kan Karakter C laat vermoor en Karakter A  impliseer.
  2. Miskien het Karakter C Karakter A om die bosgelei en Karakter B het dit agtergekom. Wat gaan dan gebeur? Jou antwoord kan so iets wees: Karakter B kan die polisieman in sy vertroue neem. OF: Karakter B kan maak of hy saam met Karakter C werk en so hom uitoorlê.
  3. Wat as Karakter B eintlik die baasbrein agter die moord en ontvoering is? Jou antwoord kan so iets wees: Karakter B kan ‘n fout begaan deur Karakter C te vertrou, min wetend dat hy eintlik ‘n speurder is wat onder ‘n dekmantel werk. OF: Karakter C, wat saam met Karakter B werk, praat sy mond verby en Karakter A begin navraag doen.

Die voorbeeld hierbo wys vir ons dat die verhaal drie moontlike rigtings kan inslaan, maar dat Opsie 2 waarskynlik nie die beste opsie sal wees nie. Die derde karakter word deur opsie 2 heeltemal uit die verhaal gelaat, wat nooit ‘n goeie ding is nie. Dis byna of die derde karakter soos wasem verdamo het. Daar is ook baie potensiaal vir konflik in elkeen van hierdie rigtings. Jy as skrywer moet besluit watter een van die drie laat jou toe om die meeste van konflik en spanning te maak en watter een van die drie gaan die interessantste verwikkeling tot gevolg hê.

Beplan jou atmosfeer en toneelinkleding

Atmosfeer word geskep deur die ruimte en tyd te gebruik. Die atmosfeer (tyd en ruimte) moet by die toonaard van daardie gedeelte in die verhaal pas. Beplan daarom ook hierdie aspek van jou verhaal in jou plakboek. Gebruik ook prente om dit vir jou te help.

Die korrekte ruimte kan beslis tot spanning bydra en konflik verhoog. Dink aan ‘n spookverhaal wat middernag in ‘n solder vol spinnerakke afspeel. Plaas jou leser DAAR deur te wys en nie te vertel nie. Laat die leser toe om saam met karakter die ruimte sintuiglik te beleef.

Dit is ‘n fout wat baie beginnerskrywers maak. Hulle is geneig om die karakters net te laat “sien”. Hulle vergeet dat karakters eintlik mense is wat vyf (soms die spreekwoordelike sesde) sintuie het. Wanneer die leser so saam met die karakter leef, is dit baie moeilik om die verhaal neer te sit.Eyeglasses on Open Book

writing.jpgwit rekenaar

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: