Die Skryfbesigheid

Ons toor nog steeds met woorde…

NOG WYS sonder VERTEL – Die vyf sintuie: Hoe lesers stories onthou

saamgestel deur
Marietjie Wentzel

Wys berei die toneel voor.

Skrywers maak woorde lewendig wanneer hulle hul vyf sintuie inspan. Ons kan niks effektief wys sonder ons sintuie nie. Skrywers moet ophou om vir lesers te vertel wat hulle (die skrywers) dink of hoe hulle goed ervaar. ’n Mens kry dit reg deur in die karakter se liggaam in te klim. Wanneer die leser die reuk van die brood kry wat in die karakter se huis gebak word, aan die sagte handdoeke kan raak en die kat kan hoor spin, het die storie vir hom werklikheid geword.

As ons die sensoriese besonderhede aan toeval oorlaat, loop ons die risiko om ons lesers te vervreem en moontlik heeltemal te verloor. As ons die wonder verstaan wat in ons sintuie versteek is, kan ons die leser se verbeelding aangryp. As ons ’n storie gevul met die sintuiglike wys, kry die leser die gewaarwording van die sintuie.

Hoe doen mens dit?

Besluit op ’n agtergrond/omgewing. Maak nou jou oë toe en proe, ruik, hoor, voel en “sien” die plek wat jy wil wys.

As jy sukkel met die sintuie, probeer hierdie maklike oefening:

Dink aan die eerste koppie koffie/tee wat jy vanoggend gedrink het.

a. Waar was jy?
b. Wat het jy gehoor?
c. Hoe laat was dit?
d. Wie was by jou?
e. Wat was die temperatuur?
f. Maak ’n lysie van vyf goed wat daar om jou was:
1.
2.
3.
4.
5.

Voltooi nou die volgende:
Ek onthou dat ek ………………….. geproe het.
Ek onthou dat ek ………………… gesien het.
Ek onthou dat ek aan ………………… geraak het.
Ek onthou dat ek ………………… gehoor het.
Ek onthou dat ek ………………… geruik het.

Skryf nou die openingsparagraaf van jou “oggend” deur gebruik te maak van hierdie besonderhede. Begin met hierdie woorde: “Ek het na die koppie koffie/tee gekyk …” en skryf dan vir vyf minute sonder ophou.

Gebruik hierdie eenvoudige oefening om elke agtergrond/omgewing, elke herinnering en elke toneel wat jy ooit skryf, te beskryf (WYS – verwys na my ander artikel WYS vs VERTEL). As jy oor ’n karakter skryf, begin met sy/haar naam, bv.: Trinka onthou die geur …

Ekstra sintuiglike inligting

Sien/kyk
Jou emosies is met kleur ingekleur. Pink is ’n soeke na vertroosting. Groen stimuleer of ontnugter. Oranje is sensueel. Blou vertroos. (Kyk gerus na die betekenis van ander kleure.)

Reuk
Herinneringe wat geassosieer word met reuke, verdof nie. Die effense reuk van vanielje herinner jou aan die kolwyntjies wat jy saam met jou ouma gebak het. Die geur was vanielje, met pienk versiersuiker en gekleurde balletjies. Jy sien hoe sy glimlag en haar hande aan haar bont voorskoot afdroog …

Hoor
Musiek skryf voor hoe jy gaan reageer. Musiek in die inkopiesentrum laat jou tyd en geld spandeer. Die gerommel van oorlogstromme motiveer primitiewe aksies. Vinnige harde musiek laat jou spoed optel om iets vinnig te doen.

Smaak
As jy jou kind se oë sou toebind en sy neus toedruk terwyl jy hom eers aan kaneel en dan aan meelblom laat proe, dan sal hy nie die verskil ken nie. Smaak maak staat op tekstuur en aroma.

Aanraking (tas)
Wat voel jy onder jou vingerpunte? Of op jou lippe? As jy vertroue wil wen, skud iemand se hand. Aanraking bevestig dat ons oë ons nie bedrieg nie.

Ander skryfwenke hoe om te wys

1. Wys ’n plek deur een van die sintuie te verwyder. Verbeel jou jy is blind in ’n volgepakte bus, of doof tydens ’n opvoering.

2. Wys ’n abstrakte emosie deur die vyf sintuie te gebruik. Bv.: Haat lyk soos rou vleis, ruik soos vrot eiers, voel soos doringdraad, klink soos dobbelmasjiene, smaak soos koue swart tee.

3. Kyk na ’n plek of persoon wat jy elke dag van jou lewe sien. Verbeel jou nou dat dit die eerste keer is dat jy die plek of persoon sien. Beskryf die plek/persoon deur jou sintuie te gebruik.

(Bron: Amanda Patterson, Des 2013)satynruikperske

ontbyt

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: