Die Skryfbesigheid

Ons toor nog steeds met woorde…

Monthly Archives: Januarie, 2014

Vrouekeur plaas nie meer koffietydstories

Verhaleredakteur van Vrouekeur het gister bevestig dat die tydskrif van April af nie meer koffietydstories gaan plaas. Kortverhale gaan steeds geplaas word. Rig navrae asseblief aan Vrouekeur self. Advertisements

Lees voort

Die Skryfbesigheid bied ’n vervolgverhaalkursus op Dwarskersbos aan 3 – 11 Julie 2014

Let wel: Hier is ‘n nuwe plasing, want die pryse vir etes en verblyf het verander. Vanjaar gaan daar weer ’n skryfkursus op Dwarskersbos aangebied word. Tydens hierdie kursus gaan die skrywers ’n volledige vervolgverhaal, wat uit ses hoofstukke bestaan, skryf. Kenmerke van die spanningsverhaal en liefdesverhaal gaan ook tydens die kursus bespreek word. TOELATING …

Lees voort

Weggewys – Jou manuskrip is teruggestuur!

(Saamgestel deur Marietjie Wentzel, Jan. 2014)</em> Jy is verpletter! Jou hart is verbrysel! Jy het dit teruggekry en nie eers op ’n silwer skinkbord nie! Jou hart voel soos ’n stuk rouvleis wat plek-plek deur suur weggevreet is – eerder soos ’n bloederige massa op ’n skuimplastiek houer. Vir diegene wat nog nooit ’n wegwysingsbrief …

Lees voort

Skryf ‘n treffende uittreksel oor jou roman

Skryf ’n treffende uittreksel oor jou roman vir voorlegging aan ’n redakteur (Saamgestel deur Marietjie Wentzel, Jan. 2014) Die uittreksel wat jy van jou roman skryf, is die verkoopsaanbieding (sales pitch) aan die redakteur. 1. Gryp jou leser aan met die prikkel* (aanhitsingsoomblik/inleiding). 2. Sê kortliks hoe die hoofkarakter voornemens is om die krisis op …

Lees voort

Die Basiese struktuur vir jou roman of kortverhaal se plot*

(Saamgestel deur Marietjie Wentzel, Jan. 2014) Ses oomblikke wat saak maak Prikkel (Inleiding): ’n Goeie storie begin met ’n protagonis (hoofrolspeler/hoofkarakter) wie se lewe op ’n negatiewe manier omgekeer word deur ’n antagonis (teenstander). Dit is die sogenaamde aanhitsingsoomblik (wat die leser nuuskierig moet maak). Uitdaging (Openingsprobleem): Hierdie uitdaging veroorsaak moeilikheid vir die hoofkarakter. Poging: …

Lees voort

Sonsondergang op Dwarskersbos

Sonsondergang: Dwarskersbos Skryfkursus 2013 Wil jy graag ‘n sonsondergang soos hierdie op Dwarskersbos beleef? Droom jy daarvan om spanningsverhale te skryf waar die heldin hard teen haar liefde vir een van die manlike ondersteuningskarakters baklei omdat sy hom nie vertrou nie? Dink jy al lank daaraan om vervolgverhale te skryf? Wou jy nog altyd ‘n …

Lees voort

Skryf ‘n storie wat SO begin

Willem is ‘n wille boer. Nie ‘n wildboer nie. Nee. Hy boer met karkoere. Die een stuk blou-groen staan teen die ander stuk blou-groen. En hy het varke troppe van die goed. Van klein na groot. Tot by uitermatig vet. Hulle wei sommer in die veld soos beeste sal doen. As hulle kleintjies moet kry, …

Lees voort

SKRYF ‘N STORIE OOR HIERDIE FOTO

Laat weet gerus wie is deur die foto aangespreek!

Lees voort

BOODSKAP EENVOUDIG

Lees voort

Redigering – noodsaaklike kwelling

As daar een ding is waarmee die meeste beginners sukkel, is dit redigering. Ten eerste glo sommige nie aan die konsep van oorskryf nie. Ten tweede verstaan die meeste beginners nie die skryfproses nie. Skrywers wat in hierdie kategorie val, dink mens gaan sit net en tik. Wat jy dan het, is jou volledige publiseerbare …

Lees voort