Die Skryfbesigheid

Ons toor nog steeds met woorde…

Tien maniere om konflik deur middel van dialoog te skep

saamgestel deur

Marietjie Wentzel

Karakters kry teenstand weens konflik met ander karakters. Dit beteken nie hulle moet noodwendig fisiek baklei nie. Dialoog speel ’n belangrike rol in konflik.

Die vertel van ’n storie definieer die plot en die wys van die ruimte stel die toneel. Dialoog wys vir ons hoe karakters in hulle eie woorde reageer op gebeure. Dit wys vir ons wat hulle bereid is om vir die ander karakters te vertel en wat hulle wil wegsteek. Dialoog is ’n effektiewe manier om konflik, spanning en afwagting in jou storie te skep en te verhoog.

Hier is 10 maniere om konflik dmv dialoog te veroorsaak:
1. Dreig.
2. Terg.
3. Argumenteer.
4. Flikflooi/mooipraat/lek.
5. Vlei.
6. Opdringerigheid.
7. Bespot.
8. Eis/aandring.
9. Onderbreek.
10. Lieg.

Goeie dialoog laat ’n karakter toe om te reageer op die karakter wat die konflik veroorsaak. Dit laat ook ’n karakter toe om konflik te skep. Spanning bou op wanneer die skrywer twyfel en onsekerheid daarstel deur ’n karakter se woorde. Skrywers behoort dialoog in te span om te wys wie hulle karakters werklik is.

Ander maniere om konflik te veroorsaak waar dialoog nie ter sprake is nie, is om ’n karakter te laat:
1. Wag.
2. Verdedig.
3. Verloor.
4. Soek.
5. Vlug.
6. Manipuleer.
7. Vermy.
8. Verlei.
9. Agtervolg.
10. Baklei.

Konflik in dialoog behoort deur hierdie ander tipes konflik ondersteun te word. Eintlik sal hierdie konflik jou karakters laat reageer, dink, beplan en optree. Dit sal lei tot dialoog tussen die karakters. Die gevolgtrekking is dus dat die een nie sonder die ander kan ontstaan nie – ’n “bose” kringloop!

(Bron: Amanda Patterson, Des 2013)

Dialoog

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: