Die Skryfbesigheid

Ons toor nog steeds met woorde…

Ek het gewonder …

… of julle daarvan sal hou as ons kortverhale en kort-kortverhale – daardie GOEIE verhale wat nie ‘n tuiste het nie omdat die tema nie vir tydskrifte geskik is nie – hier publiseer? Die gedagte is dat slegs gekeurde verhale geplaas word en dat lesers daarvoor stem.
… of julle ook in bydraes oor ander genres sal belangstel? Indien wel, watter?

Laat hoor gerus van jou!

Advertisements

5 Kommentaar

  1. Ek dink die meerderheid van ons het verhale wat resorteer onder die kategorie waarvan jy praat – mens weet dit is ‘n goeie verhaal, maar jy weet nie waarheen met hom nie. Dus sou ek meen dat dit in beginsel ‘n oulike idee is om sulke verhale op die blog te publiseer.
    Of ek daarvan gebruik sal maak, is ‘n ander saak. Ek is skoon besitlik oor daardie paar stories van my :-). Boonop maak so ‘n stemmery my skoon senuagtig. Ek het ‘n goeie skoot

    Like

  2. … per abuis enter gedruk!!

    Wou sê dat ek ‘n goeie skoot perfeksionisme weg het, en hierdie afgelope maand waarin daar vir my verhaal op Vrouekeur gestem moes word, het my skoon geteister. Laf, maar waar! Ek sien die stemmery het nog steeds nie gesluit nie – die verantwoordelike persoon is seker nog met verlof.

    Ek dink iets anders wat goed kan werk op die blog, is regte kort-kort-kort verhale – daardie 50 woorde uitdagings.

    Like

    • Amanda, jy van alle mense behoort nie senuweeagtig te wees nie, maar dit is elke persoon se persoonlike keuse. Ek hou baie van jou voorstel dat ons die 50 woorde verhale ook moet plaas. Intussen moet ek die informasie oor hierdie jaar se Dwarskersboskursus gvereed kry. Ek wag net vir die finale kwotasies.

      Like

      • Wanneer ek die woord Dwarskersbos hoor, gebeur daar vreemde dinge met my gemoed. Ek ruik die see, die seewiere wat uitgespoel het. Ek hoor en sien die meeue wat op die waterlyn speel. Ek voel die skerp, skoon, winterlug. Ek hoor die vuur in die herd knetter. Ek hoor mense lag. Ek sien vaak gesigte en hoor ‘n gekla oor stories wat nie wil kom in die middernagure nie.

        Die woord beteken ook ‘n nuwe sielewroeging; ek sal daar wil wees, maar kan ek werklik vir ‘n derde maal bekostig om soveel uit te gee op ‘n passie wat nog nie ‘n beroep is nie? Maar ons wag in spanning op meer inligting …

        Dink jy nog in terme van ons grootste misdaadskrywer, of dalk iemand soos Chanette Paul, wat ‘n goeie skoot romanse bysleep? Kyk waar gaan draai my gedagtes nou al!

        ‘n Mooie dag vir jou, Trudy. Ons lees graag die opvolg op hierdie sage

        Like

  3. Ja, Amanda. Partymaal ek kry dieselfde prentjies in my kop as jy.

    Ek dink nog …

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: