Die Skryfbesigheid

Ons toor nog steeds met woorde…

Die Basiese struktuur vir jou roman of kortverhaal se plot*

(Saamgestel deur Marietjie Wentzel, Jan. 2014)

Ses oomblikke wat saak maak

Prikkel (Inleiding): ’n Goeie storie begin met ’n protagonis (hoofrolspeler/hoofkarakter) wie se lewe op ’n negatiewe manier omgekeer word deur ’n antagonis (teenstander). Dit is die sogenaamde aanhitsingsoomblik (wat die leser nuuskierig moet maak).

Uitdaging (Openingsprobleem): Hierdie uitdaging veroorsaak moeilikheid vir die hoofkarakter.

Poging: Hoofkarakter moet reageer op hierdie uitdaging. Hoofkarakter probeer die probleem oplos.

Komplikasie: Die probleem word nie opgelos nie en raak meer ingewikkeld.

Poging: Hoofkarakter probeer weer die probleem oplos.

Komplikasie: Hierdie poging misluk ook en die probleem vererger. Dit lei tot “duisternis in die siel” waar dit lyk of die antagonis gaan wen.

Poging: Hoofkarakter probeer weer die probleem oplos.

Krisis: Net voor die klimaks bevind die hoofkarakter hom- of haarself in ‘n situasie waar die hele situasie naby aan hopeloos, lewensgevaarlik of reddeloos lyk.

Klimaks</b>: Hoofkarakter los die probleem op: Slot/Einde van storie.

*Die verskil tussen storie en plot word eenvoudig opgesom as: “Die storie is dit wat in jou kop is; die plot is dit wat uiteindelik op papier gaan staan.” (Chanette Paul in Afrikaanse skryfgids, (2012), p 16.)

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s