Die Skryfbesigheid

Ons toor nog steeds met woorde…

Die Skryfbesigheid bied ’n vervolgverhaalkursus op Dwarskersbos aan 3 – 11 Julie 2014

Let wel: Hier is ‘n nuwe plasing, want die pryse vir etes en verblyf het verander.

Vanjaar gaan daar weer ’n skryfkursus op Dwarskersbos aangebied word. Tydens hierdie kursus gaan die skrywers ’n volledige vervolgverhaal, wat uit ses hoofstukke bestaan, skryf. Kenmerke van die spanningsverhaal en liefdesverhaal gaan ook tydens die kursus bespreek word.

TOELATING
Enige persoon kan vir hierdie kursus inskryf. Geen vooraf kennis, teoretiese studies of opleiding is vir hierdie kursus nodig nie. ’n Liefde vir skryf en die skep van ’n geloofwaardige fiktiewe wêreld is al wat nodig is.

Beginners MOET egter reeds op 3 Julie 2014 met die beknopte beginnerskursus begin waartydens hulle eiesoortige behoeftes aangespreek word. Aan die einde van die beknopte kursus sal die beginnerskrywer, benewens die volledige vervolgverhaal, ook vier tot ses volledige kortverhale klaar hê.

Skrywers wat reeds skryfkursusse gedoen het, is baie welkom om ook die beknopte beginnerskursus te doen as hulle voel dat ’n opknappingskursus nodig is.

As ’n skrywer ’n kursus by ’n ander skryfskool gedoen het, moet bewys van hierdie kursus voorgelê word.

Beginners kan vooraf vir die aanlynkursus inskryf. Die aanlynkursus sal teen ’n GROOT AFSLAG aangebied word mits daar vir die vervolgverhaalkursus bespreek en die volle deposito vir die vervolgverhaalkursus betaal word. (Kwotasie op aanvraag beskikbaar.)

KURSUSINHOUD
Beknopte beginnerskursus 3 – 5 Julie 2014
Alle skryfkursusse wat Die Skryfbesigheid aanbied, fokus sterk op die praktiese skep van kreatiewe teks. Nogtans moet skrywers ook oor sekere teoretiese en literêre kennis beskik. Daarom word die volgende aspekte tydens die werkswinkel bespreek.

  • Die skryfproses.
  • Wat is ’n verhaal?
  • Plot, spanning, konflik, handeling en karakterisering
  • Atmosfeerskepping en toneelaanbieding

.

  • Versorging en uitleg van ’n teks.
  • Skryf as besigheid.

Alhoewel ons elke dag wel ‘n bietjie na teorie gaan kyk, sal daar daagliks genoeg tyd wees om te slyp aan skrywers se verhale wat die vorige dag geskryf is.

Vervolgverhaalkursus 5 – 11 Julie 2014
Teoreties sal na die volgende gekyk word:

  • Kenmerke van ’n vervolgverhaal.
  • Kenmerke van ’n spanningsverhaal.
  • Kenmerke van ’n liefdesverhaal.

Tydens hierdie deel van die kursus gaan daar amper net geskryf word. Elke skrywer sal soggens net na oggendkoffie sy/haar hoofstuk van die vorige dag inhandig. Daarna kry die ander skrywers die geleentheid om die nuwe hoofstukke te lees. Na middagete word daar in die groep terugvoer en wenke aan die skrywer gegee.

KOSTES
Vanjaar word die kursusfooi en die fooi vir akkommodasie/etes geskei.
Die pryse is as volg:
Beginnerskrywer
Beginnerskrywers betaal R3 400 vir die totale kursus en kan vir verblyf en etes uit Opsie 1 – 3 kies.

  • Opsie 1: R3 560 – 00 (Ingesluit verblyf vir agt nagte, middagete, skoonmaakdienste, tee, koffie en verversings deur die dag en aandetes – slegs 7 aandetes).
  • Opsie 2: R3 000-00 (Ingesluit verblyf vir agt nagte, middagete, skoonmaakdienste, tee, koffie en verversings deur die dag. Aandete is uitgesluit).
  • Opsie 3: R1 160 – 00 (Ingesluit middagete, skoonmaakdienste, tee, koffie en verversings deur die dag. Aandete en verblyf is uitgesluit).

Gevorderde skrywers betaal R3 000 vir die totale kursus en kan ten opsigte van verblyf en etes uit Opsie 4 – 6 kies.

  • Opsie 4: R2 780 – 00 (Ingesluit verblyf vir ses nagte, middagete, skoonmaakdienste, tee, koffie en verversings deur die dag en aandete).
  • Opsie 5: R2 300 -00 (Ingesluit verblyf vir ses nagte, middagete, skoonmaakdienste, tee, koffie en verversings deur die dag. Aandete is uitgesluit).
  • Opsie 6: R920 – 00 (Ingesluit middagete, skoonmaakdienste, tee, koffie en verversings deur die dag. Aandete en verblyf is uitgesluit)

DEPOSITO
Gewoonlik vereis ons dat 50% van die kursusfooi as deposito betaal moet word, maar ons het dit goed gedink om skrywers die geleentheid te gee om dit in paaiemente van R500/R600/R700/R800/R1000 af te betaal solank die totale deposito teen 27 Junie 2014 betaal is. Die oorblywende fooi moet op die dag van registrasie (verkieslik) in kontant betaal word. Reëlings met die afbetaling van die akkommodasie en etes moet liefs met Jubel’nJuig getref word.

Alle deposito’s (of fooie wat vooraf betaal is) word verbeur sou die skrywer nie vir die kursus opdaag nie of kop uittrek. Baie onkostes word voor die aanvang van die kursus aangegaan en kansellasiefooie moet daarom in alle gevalle betaal word.

BESPREKING
Bespreking is NOODSAAKLIK en dit moet voor of op 27 Junie 2014 om 23:00 plaasvind. Gaan asseblief so te werk om te bespreek:

  • Stuur ’n e-pos, faks of sms aan Die Skryfbesigheid EN Jubel’nJuig waarin u ’n kwotasie aanvra.
  • Meld in u e-pos, faks of sms:
    1. U noemnaam en van.
    2. U telefoonnommer en faksnommer/e-posadres.
    3. Watter opsie u uitoefen.
  • Betaal 50% van die kursusgeld en 50% van die verblyf en etes se geld, nadat u die skriftelik kwotasie en registrasiedokument ontvang het.
  • Stuur bewys van betaling en die voltooide registrasievorm aan Die Skryfbesigheid en Jubel’nJuig.

KONTAKBESONDERHEDE

KURSUS
Die Skryfbesigheid
Trudy Erasmus
Telefoon: 072 210 4385 of 082 349 0533
Faks: 086 618 5211
E-pos: skryfbesigheid@outlook.com OF skryfbesigheid@yahoo.co.za

AKKOMODASIE EN ETES
Jubel’nJuig
Mariette Maartens
Telefoon: 082 829 6372
Faks: 086 616 4710
E-pos: mariette.m@vodamail.co.za

REGISTRASIE EN AFSLUITING VIR DIE KURSUS

  • Beginnerskrywers kan reeds 2 Julie 2014 tussen 15:00 en 17:00 aanmeld en registreer. Hierdie aand is nie ingesluit by die kwotasie soos hierbo genoem is nie.
  • Alle beginners MOET egter op 3 Julie 2014 tussen 12:00 en 13:00 aanmeld en registreer. Die kursus begin om 13:30.
  • Gevorderde skrywers moet 5 Julie 2014 tussen 12:00 en 14:00 aanmeld en registreer.

Die kursus sluit Vrydag, 11 Julie 2014 om 15:00 af. Kwotasie hierbo sluit nie verblyf vir hierdie aand in nie en moet afsonderlik bespreek word. Aandete kan in ‘n groep by die hotel of Vishuis genuttig word. Ete vir skrywers se eie rekening.

BRING SAAM

  • HIERDIE IS ’N VEREISTE, omdat ons die terugvoer elektronies geskied en al die skryfwerk word ook elektronies gedoen. ’n Skootrekenaar en twee geheuestokkies.
  • ’n Eksamenblok en ander skryfbehoeftes soos bv. potlode, penne ens.
  • Koffie, tee, melk, suiker, beskuit of graankos om u deur die nag te sien of om die ergste honger soggens voor die kursus te stil.
  • Warm baadjie, trui en ’n reënjas. (Ons maak elke dag vuur in die kaggel.)
  • Kamera of selfoon met ’n goeie kamera.
  • Chroniese medikasie.

BELANGRIK
Reis- en verblyfkostes na en van Dwarskersbos is die skrywer se eie verantwoordelikheid. Vrydagaand, 5 Julie 2014 (wanneer die kursus vir almal begin) en Vrydagaand, 11 Julie 2014 (wanneer die kursus ophou) sal aandete in die Laaiplek Hotel of die Vishuis genuttig word vir diegene wat nog nie vertrek het nie. Die etes is vir die skrywer se rekening. Vrydagaand, 5 Julie 2014 se ete is verpligtend omdat dit die ’n ken-mekaar-aand is. Koeverte word daar uitgedeel.

NAVRAE
Rig navrae aan TRUDY ERASMUS of MARIETTE MAARTENS. Hulle besonderhede is word hierbo volledig aangetoon.

Advertisements

1 Kommentaar

  1. Reblogged this on Die Skryfbesigheid.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: