Die Skryfbesigheid

Ons toor nog steeds met woorde…

Weggewys – Jou manuskrip is teruggestuur!

(Saamgestel deur Marietjie Wentzel, Jan. 2014)</em>

Jy is verpletter! Jou hart is verbrysel!

Jy het dit teruggekry en nie eers op ’n silwer skinkbord nie! Jou hart voel soos ’n stuk rouvleis wat plek-plek deur suur weggevreet is – eerder soos ’n bloederige massa op ’n skuimplastiek houer. Vir diegene wat nog nooit ’n wegwysingsbrief gesien of gekry het nie, lees hier:

Geagte Skrywer,

Dankie vir die geleentheid om jou werk te oorweeg. Ongelukkig is jou verhaal idee nie in hierdie stadium vir ons geskik nie.

Ons vra verskoning vir die generiese brief, maar weens die aantal voorleggings wat ons ontvang, is dit heeltemal onmoontlik om persoonlike kommentaar aan elke skrywer te lewer.

Nogmaals baie dankie vir jou belangstelling in PQR Uitgewers, ons wens jou alle voorspoed toe met die soeke na ’n tuiste vir jou werk.

Die Uitgewers.

Niemand kan dink hoe sleg dit moet wees om so ’n brief te ontvang nie en dit kan nie juis erger klink nie. Indien die redakteur darem tyd gemaak het om ’n kort persoonlike briefie te skryf, het jy dalk beter gevoel, maar hierdie een is die standaard briefie wat skrywers kry.

Jy het regtig die terugvoer eers in Januarie verwag, maar dit toe sommer al die tweede week van Desember gekry. Geseënde Kersfees: Jy is ’n verloorder, nè? Dit sal tyd neem om oor die skok te kom. Jy sal rou. Jy sal huil. Jy sal kerm en kla, maar daarna moet jy dit verwerk. Wat doen ’n mens?

Die eerste ding om te doen na so ’n wegwysing, is NIKS. Dis nou na die gekerm, gekla en tjankery – die hartseer gedeelte. Mens bedink en bepeins dit, maar mens skryf nou niks oor nie. Moenie eers na die manuskrip kyk nie!
Die beste raad wat Amanda Patterson gegee het, is om dadelik ’n nuwe roman te begin skryf sodra jy die eerste een versend het. Op daardie manier het jy iets positiefs om na uit te sien as jy dalk weggewys word. As jy na hierdie raad luister sal jy ’n lekker nuwe roman hê wat besig is om te gebeur. Jy kan dit gebruik om jouself mee te troos.

Jy het die voorgelegde manuskrip deur drie verskillende mense laat beoordeel, of het jy nie? Jy moet hulle terugvoer gaan naslaan en die manuskrip herevalueer. Daar was advies wat jy gebruik het en advies wat jy geïgnoreer het. Miskien moes jy dit nie gedoen het nie, nè?

Jy moet jou lieflinge vernietig. Jy weet jy moes dit gedoen het nog voordat jy die manuskrip voorgelê het, maar eerlikwaar dis makliker gesê as gedaan. Kom ons sê dus jy sal nóú die res van jou lieflinge vernietig. Byvoorbeeld: Jy het in die eerstepersoon geskryf en vir hierdie spesifieke genre, verkies uitgewers die derdepersoon.

Partykeer werk eksperimente en partykeer nie.

Jy moet herbeplan en nuwe storielyne saamstel. Jy moet die kanse wat jy gewaag het herevalueer en probeer uitwerk waar jy kan verbeter. Jy moet aantekeninge maak en veranderinge begin aanbring, maar nie op die oorspronklike dokument nie. Jy moet ’n nuwe dokument begin en die roman van voor af HERSKRYF!

NS. Natuurlik kan jy hierdie aaklige proses geheel en al systap en selfpublikasie oorweeg, maar verkope en bemarking is dan jou taak. Hou aan om jou nuwe roman te skryf en binnekort kan jy die oue weer gryp en met ’n groot pleister oor jou hart, begin herskryf.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s