Die Skryfbesigheid

Ons toor nog steeds met woorde…

Norman Mailer oor skryfkursusse

Norman Mailer is ’n bekroonde Amerikaanse joernalis en kontroversiële romanskrywer. Sy boek Armies of the Night gaan oor die opmars na die Pentagon en daarmee het hy die National Book Award in 1968 gewen asook die Pulitzer Prys vir nie-fiksie. Twaalf jaar later het sy “ware lewensroman” The Executioner’s Song oor die gevangene Gary Gilmore, die Pulitzer Prys vir fiksie gewen.

Ek het onlangs hierdie interessante uitspraak van Norman by WritersWrite gelees oor skryfklasse en skryfkursusse:

“Ek het baie geleer by skryfklasse. … En dit kap voorwaar daardie erge onstabiele hoogmoed wat jong skrywers het af, jy weet, hulle dink: ‘Ek is ’n uitmuntende skrywer’ en terselfdertyd kan hulle geen kritiek verdra nie en skryfkursusse is baie goed daarvoor. Dit maak jou gehard. Dis ’n bietjie soos ’n kind wat varsity-sokker wil speel, maar geen poging aanwend om in die span te kom nie. So, gaan doen die skryfkursus sodat jy bietjie gehard kan raak.” (Vertaal)

(‘Norman Mailer Interview’, The Academy of Achievement, June 12, 2004) Source for Quote

Kyk gerus na die kursusse wat Trudy aanbied. Daar is ’n hele aantal van haar studente wie se skryfwerk gepubliseer is nadat hulle Die Skryfbesigheid se kursus by haar voltooi het.

Marietjie Wentzel, 15 Maart 2014

Volg hierdie skakel om vinnig en maklik inligting oor die vervolgverhaalkursus, wat op Dwarskersbos aangebied word, te bekom.

Benewens die vervolgverhaalkursus is daar ook ‘n kursus vir beginners wat gedurende Augustus/September in Gauteng plaasvind. Aanlynkursusse word aan skrywers gebied wat ver van ander skryfskole woon.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: