Die Skryfbesigheid

Ons toor nog steeds met woorde…

Plasing van kortverhale en gedigte

Ons nooi skrywers uit om vir ons kortverhale en gedigte van GOEIE gehalte in te stuur wat hulle nêrens anders gepubliseer kry nie.

Tydskrifte plaas nie gedigte nie en jy stel nie noodwendig daarin belang om ‘n bundel saam te stel nie, maar wil graag hê iemand moet dit lees. Stuur dit aan ons.

Soms is die tema van ‘n kortverhaal nie vir ‘n tydskrif geskik nie. (Tydskrifte hou mos meestal van ligter temas.) Nou soek ons na DAARDIE verhale om op ons blog te publiseer.

AANTAL WOORDE
Ons publiseer kortverhale en gedigte van die volgende lengte:

  • Kortverhale: 600 – 800 woorde
  • Kort-kortverhaal: 100 – 300 woorde
  • Mini-verhaal: Minder as 100
  • Gedigte: Nie langer as 20 reëls nie
  • BELANGRIK
    Soos alle ander publikasies, het Die Skryfbesigheid ook sy riglyne. Maak asseblief seker dat u daaraan voldoen:

  • Maak asseblief seker dat ‘n teks is goed versorg en sonder enige tik-, taal-, en uitlegfoute.
  • ‘n Manuskrip moet in arial 12pt getik wees.
  • Lynspasies moet op 1.5 gestel wees
  • Die titel van die gedig, verhaal of kortverhaal moet op die eerste bladsy van die manuskrip verskyn.
  • Hou by die aantal woorde of reëls wat daar gestel word.
  • TEMAS
    Enige tema is aanvaarbaar, maar grafiese geweld, seks, vloekwoorde, ensomeer sal slegs geplaas word as dit gepas en gemotiveerd word.

    Onthou:

  • Alle tekste word gekeur en Die Skryfbesigheid het die reg om ‘n verhaal/gedig te redigeer. As ‘n teks TE VEEL foute bevat, sal die teks nie aanvaar kan word nie. Kleinere foute sal gekorrigeer word sonder die vooraf goedkeuring van die skrywer. Groter probleme sal eers met die skrywer bespreek word.
  • Skrywers sal net ‘n kort, vriendelike e-pos terug ontvang om te bevestig dat ‘n verhaal/gedig vir publikasie aanvaar word al dan nie. Geen verslag sal aangeheg word sou ‘n verhaal/gedig nie aanvaar word nie. Vir hierdie diens moet die skrywer/digter betaal. ‘n Kwotasie sal op versoek beskikbaar gestel word.
  • Die Skryfbesigheid kan geen vergoeding aanbied vir die publikasie van die verhale of gedigte nie.
  • Publisering van ‘n verhaal of gedig beteken nie noodwendig dat Die Skryfbesigheid met siening van die skrywer saamstem nie.
  • Stuur verhale en gedigte aan:

    Trudy Erasmus by skryfbesigheid@outlook.com of skryfbesigheid@yahoo.co.za

    Marietjie Wentzel by skryfbesigheid101@gmail.com

    Advertisements

    Lewer kommentaar

    Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

    WordPress.com Logo

    Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

    Twitter picture

    Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

    Facebook photo

    Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

    Google+ photo

    Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

    Connecting to %s

    %d bloggers like this: