Die Skryfbesigheid

Ons toor nog steeds met woorde…

Monthly Archives: April, 2014

Werkwinkel 3 Mei 2014: Kortverhale

Op Saterdag, 3 Mei 2014, hou ek ‘n werkwinkel in die skryf van kortverhale. Daar is plek vir nog ‘n paar skrywers. Plek: Pretoria (Adres sal aan geregistreerde studente bekend gemaak word.) Tyd:09:00 – 16:00 Koste: R680 per persoon (Sluit koffie en tee en ligte middagete in) Inhoud van die werkwinkel: Wat is ‘n kortverhaal? …

Lees voort

Amper-amper te laat om vir kompetisie in te skryf

Dis waar. 30 April is die laaste kans wat jy het om vir die kompetisie in te skryf, maar as daardie laaste deurlees van die verhale ‘n fout of twee uitwys, haal diep asem en ontspan. Verander wat jy moet verander. Ons stuur Donderdag, 1 Mei 2014, om 10:00 die verhale na die beoordelaars. Solank …

Lees voort

60 WOORDE OM Sê IN DIALOOG TE VERMY

saamgestel deur Marietjie Wentzel 1. Aandik: “Ja dit is baie spokerig daar,” dik sy aan. 2. Aandring: “Kom asseblief saam,” dring hy by haar aan. 3. Aanmerking maak: “Ek glo nie dis waar nie,” maak hy die aanmerking. 4. Antwoord: “Ek sal graag saamgaan,” antwoord sy. 5. Begin: “Kom ons kyk … ” begin sy …

Lees voort

2014 SKRYFKOMPETISIE-NUUS Kwarts Publishers borg bykomende pryse vir skryfkompetisie 2014

Baie dankie vir die hope inskrywings wat ons daagliks ontvang. Ons het reeds die aantal inskrywings van 2012 oorskry. MAAR DIT IS NOG NIE TE LAAT NIE! Met nog dertien dae oor voor die sluiting van die kompetisie, kán jy nog jou verhale ook instuur. Die ander groot nuus is natuurlik dat een van ons …

Lees voort

Publiseer jou boek deur Kwarts Publishers: Maklik, bekostigbaar en professioneel

Kwarts Publishers is vroeg in 2011 gestig met die doel om skrywers te help om ‘n droom te bewaarheid – om ‘n boek te publiseer! Kwarts het alreeds boeke vir meer as 80 skrywers gepubliseer en baie van hulle het weer teruggegaan om ‘n tweede en derde boek te publiseer. Indien jou manuskrip goedgekeur word, …

Lees voort

Liana Bosman – Vierduimspykers

    Gisteraand het ek lekker lank met een van ons skrywers (via Facebook) gesels. Liana en haar gesin het veertien maande gelede Kanada toe verhuis. Al sê Liana:”…ek’t ook al ‘n die hele Stille Oseaan vol getjank van verlange …”, het sy my verseker dat dit goed gaan. Toe ek met haar gepraat het, was …

Lees voort

Kwarts Uitgewers

Ons maak binnekort inligting bekend oor Kwarts Uitgewers. Dit kan jou dalk die geleenthied bied waarop jy nou al lank wag om te publiseer.

Lees voort

28

Dit is hoeveel dae oor is voor ons kompetisie sluit. Maak gou. Vra nou dadelik die inskrywingsvorm aan. Stuur ‘n e-pos na . Ons wag vol verwagting op jou inskrywings.

Lees voort