Die Skryfbesigheid

Ons toor nog steeds met woorde…

Liana Bosman – Vierduimspykers

 

 

1920126_10202492230200591_1828794343_n

Gisteraand het ek lekker lank met een van ons skrywers (via Facebook) gesels. Liana en haar gesin het veertien maande gelede Kanada toe verhuis.

Al sê Liana:”…ek’t ook al ‘n die hele Stille Oseaan vol getjank van verlange …”, het sy my verseker dat dit goed gaan. Toe ek met haar gepraat het, was sy aan’t beskuit bak. Haar kinders floreer op skool en vorder fluks met die aanleer van Frans, maar Liana maak seker haar kinders gebruik Afrikaans nog gereeld. Verder hou sy aan met skryf.

Op 30 Mei 2014 verskyn haar kortverhaal, Vierduimspykers in Vrouekeur. Maak seker julle koop die tydskrif om die verhaal te lees, want ek weet sommer dit gaan ‘n tipiese Liana Bosman- verhaal wees vol van geestigheid en verrassings.

Ons mis jou, Liana, maar ons is so bly jy deel jou verhale steeds met ons. Sterkte met al jou skryfprojekte.

Liana was een van die skrywers wat PNSkryf se eerste verkorte skryfkursus bygewoon het.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: