Die Skryfbesigheid

Ons toor nog steeds met woorde…

2014 SKRYFKOMPETISIE-NUUS Kwarts Publishers borg bykomende pryse vir skryfkompetisie 2014

Baie dankie vir die hope inskrywings wat ons daagliks ontvang. Ons het reeds die aantal inskrywings van 2012 oorskry.

MAAR DIT IS NOG NIE TE LAAT NIE!
Met nog dertien dae oor voor die sluiting van die kompetisie, kán jy nog jou verhale ook instuur.

Die ander groot nuus is natuurlik dat een van ons medewerkers, Kwarts Publishers van ons pryse borg.

Al die pryse wat gewen kan word, kan ‘n belangrike bydrae tot die ontwikkeling van jou skrywersloopbaan lei.

Kom, neem deel! Jy gaan nie spyt wees nie. Die reëls en pryse wat gewen kan word, volg hierna, net om jou weer te herinner waarom die kompetisie belangrik is.

Wat hierdie kompetisie anders maak, is dat daar GEEN voorgeskrewe tema(s) is nie. Verder beperk ons nie die aantal inskrywings per skrywer nie.

DOEL
Om vir nuwe skrywers wat nog nie by ʼn erkende uitgewer uitgegee het nie, ook ʼn kans te gee om hulle skryftalent te ontwikkel.

TEMAS
Die skrywer kan sy eie tema kies.

VEREISTES

  • Elke inskrywing moet ʼn kort-kortverhaal van maksimum 800 woorde, asook ʼn langer kortverhaal van maksimum 1 500 woorde insluit.
  • As die deelnemers nie aan hierdie vereiste voldoen nie, gaan hulle inskrywing gediskwalifiseer word.
  • Deelnemers kan ook addisionele kort-kortverhale of kortverhale instuur teen ʼn laer inskrywingsfooi. Sien reëls vir besonderhede.
  • PRYSE

  • Algehele eerste plek. AFSLAG ter waarde van R1 500 vir enige skryfkursus van Die Skryfskool in 2014/2015, wat al die kursusmateriaal insluit. Die prys sluit ook een nag gratis verblyf vir een persoon by Jubel’nJuig in wat vir vyf nagte of langer bespreek. (Hierdie prys sluit etes en verblyf uit.)
  • Algehele tweede plek. AFSLAG ter waarde van R1 200 vir enige skryfkursus van Die Skryfskool in 2014/2015, wat al die kursusmateriaal insluit. Hierby ingesluit is een nag gratis verblyf vir een persoon by Jubel’nJuig as daar vir ses nagte of langer bespreek word. (Hierdie prys sluit etes en verblyf uit.)
  • Algehele derde plek. AFSLAG ter waarde van R1 000 vir enige skryfkursus van Die Skryfskool in 2014/2015, wat al die kursusmateriaal insluit. (Hierdie prys sluit etes en verblyf uit.)
  • Algehele vierde plek. AFSLAG ter waarde van R900 vir enige skryfkursus van Die Skryfskool in 2014/2015, wat al die kursusmateriaal insluit. (Hierdie prys sluit etes en verblyf uit.)
  • Bykomend tot hierdie pryse stap die vier wenners weg met pryse wat Kwarts Publishers borg. Die waarde van elke prys is R700 en sluit in:

  • Gratis evaluasie ter waarde van R200. (Kwarts Publishers sal slegs manuskripte publiseer wat aan hul riglyne voldoen en evaluasie geslaag het. Kompetisie-wenners se manuskripte behoort sonder probleme evaluasie te slaag, maar indien nie sal verdere regstellings, redigeringskoste en her-evaluasie (R200) vir die skrywer se onkoste sal wees.)
  • Wanneer die manuskrip goedgekeur is vir publikasie sal Kwarts Publishers ’n kwotasie uitwerk vir die omslag-ontwerp, teksuitleg, e- ISBN registrasie in die skrywer se naam by die nasionale biblioteek sowel as publikasie en verspreiding van die e-boek na Kwarts, Kalahari, Exclusive Books, Leisure Books / Leserskring, Mybooks, Myafrikaans, CNA en PNA se aanlyn-winkels. Kwarts Publishers bied R500 afslag op hierdie totale koste.
  • Neem kennis. Geen van bogenoemde pryse sluit reis- en verblyfkostes in nie. Pryswenners is self daarvoor verantwoordelik.

    Stuur ‘n SMS na 072 210 4385 of stuur ‘n e-pos na skryfbesigheid@outlook.com of skryfbesigheid@yahoo.co.za om inskrywingsvorms aan te vra of navrae te rig.

    Advertisements

    Lewer kommentaar

    Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

    WordPress.com Logo

    Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

    Twitter picture

    Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

    Facebook photo

    Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

    Google+ photo

    Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

    Connecting to %s

    %d bloggers like this: