Die Skryfbesigheid

Ons toor nog steeds met woorde…

60 WOORDE OM Sê IN DIALOOG TE VERMY

saamgestel deur Marietjie Wentzel

1. Aandik: “Ja dit is baie spokerig daar,” dik sy aan.
2. Aandring: “Kom asseblief saam,” dring hy by haar aan.
3. Aanmerking maak: “Ek glo nie dis waar nie,” maak hy die aanmerking.
4. Antwoord: “Ek sal graag saamgaan,” antwoord sy.
5. Begin: “Kom ons kyk … ” begin sy toe hy iets wil sê.
6. Beskuldig: “Dit is alles jou skuld,” beskuldig sy die kind.
7. Blaf: “Gee pad voor my!” blaf hy vir haar
8. Bulder: “Wie gee jou die reg?” bulder hy.
9. Dra … by: “Ja ek het ook gesien,” dra sy by.
10. Fluister: “Ek sal jou gou help,” fluister sy.
11. Gebied: “Kom hier, Korporaal!” gebied die kaptein hom.
12. Gil: “Ek sal nie, ek sal nie!” gil die dogter.
13. Instem: “Ek sal saamgaan,” stem die tannie in.
14. Invlieg: “Waar kom jy daaraan?” vlieg die vrou haar in.
15. Kla:“Ek kan nie meer nie, ek is moeg,” kla die seuntjie.
16. Kritiseer: “Kan jy ook niks reg doen nie?” kritiseer die ma die kind.
17. Lag: “Natuurlik het ek geweet,” lag sy.
18.Loof: “Jy het wonderlike werk gedoen,” loof hy die tuinier.
19. Meen: “Ek dink dis nie so nie,” meen die vrou.
20. Murmureer: “Genade, hoeveel keer nog?” murmureer die man.
21. Onderbreek: “Jy bedoel seker … ” onderbreek hy haar.
22. Ondervra: “Wie het vir jou gesê dis hy?” ondervra die man hom.
23. Ontbied: “Kom dadelik kantoor toe,” ontbied die hoof die seun.
24. Opmerk: “Ek sien daar is baie foute,” merk die man op.
25. Paai: “Stadig, stadig nou kom ons praat daaroor,” paai hy haar.
26. Pleit: “Asseblief, ek vra mooi … ” pleit die vrou.
27. Praat: “Ag wat sal jy tog weet,” praat hy voor sy kan antwoord.
28. Prewel: “Ek het hom gesien,” prewel die kind voor hy slaap.
29. Prys: “Welgedaan, ek is trots op jou,” prys die onderwyser hom.
30. Rede (in die val):. “Wie vertel dit?” val hy haar in die rede.
31. Redeneer: “Ek weet wat ek weet,” redeneer die ma met haar kind.”
32. Reken: “O so, jy dink jy weet wie dit gedoen het?” reken hy.
33. Roep: “Kom gou, seun,” roep sy hom.
34. Skree(u): “Eina jy maak my seer!” skree(u) sy.
35. Smeek: “Ek vra mooi, help my asseblief?” smeek sy hom.
36. Snik: “Dit is so hartseer,” snik die ou vrou.
37. Snork: “Gmf, jy dink alweer jy weet beter,” snork die man.
38. Teëpraat: “Maar Pa … ” begin sy teëpraat
39. Troos: “Toemaar, toemaar, dit sal nou beter wees,” troos sy.
40. Uitdaag: “Pê whê, jy kan tog nie,” daag hy sy broer uit.
41. Uitroep: “Ag wat praat jy!” roep sy uit.
42. Uitsaai: “Sy is verloof, kyk haar mooi ring!” saai sy dit uit.
43. Uitspoeg: “Jy is verspot, ek haat jou!” spoeg sy dit uit.
44. Verbied: “Jy mag nooit weer daar kuier nie,” verbied hy sy seun.
45. Verklaar: “Dit is die volle waarheid,” verklaar die man.
46. Verneem: “Waar werk jou pa?” verneem die onderwyser.
47. Verseker: “Ons gaan dit gou regmaak,” verseker hy die vrou.
48. Versoek: “Sal jy ons nie asseblief kom help nie?” versoek hy.
49. Vertel: “Dit was die ergste ongeluk ooit,” vertel hy.
50. Verwyt: “Jy wil ook nooit vir my iets doen nie,” verwyt sy.
51. Voeg … by: “Ja dan kan sy ook saamspeel,” voeg sy by.
52. Voltooi: “ … sal hy saamkom,” voltooi sy die sin.
53. Vloek: “Jou nare *&#@*,” vloek hy die inbreker.
54. Voorstel: “Kom ons probeer hierdie patroon,” stel sy voor.
55. Voortgaan: “Nietemin, ons het dit self gesien,” gaan hy voort.
56.Vra: “Waar is jou broer?” vra die man vir haar.
57. Wegval: “Ék wys jou gou,” val hy weg.
58. Weier: “Nooit in jou lewe nie!” weier sy.
59. Wip: “Dit sal die dag wees dat ek jou help!” wip sy haar.
60. Wonder: “Waar sou hy dit gekry het?” wonder sy ma hardop.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: