Die Skryfbesigheid

Ons toor nog steeds met woorde…

Monthly Archives: Mei, 2014

Nuwe e-titels binnekort beskikbaar van Kwarts.co.za

Wanneer die Yskoningin smelt – deur Kietz Hierdie liefdesroman is die sesde boek uit die pen van skrywer Kietz. Die heldin, Ciska, is ‘n enigste kind en sy werk by haar pa se regsfirma. Haar skoonheid en skerp verstand maak dat sy goed vorder in die lewe en goeie geleenthede kry. Sy word deur ‘n …

Lees voort

VERVOLGVERHAALKURSUS OP DWARSKERSBOS – nog net drie plekke beskikbaar

Inskrywings vir die vervolgverhaalkursus, wat van 3 – 11 Julie 2014 op Dwarskersbos aangebied word, sluit eers oor  ‘n maand, maar daar is nog net drie plekke beskikbaar. Persone wat belangstel om saam te gaan, moet spoedig  plek bespreek. Moenie die kans van ‘n lewe misloop nie! Stuur ‘n e-pos aan Trudy as jy meer …

Lees voort

‘n SKRYFGELEENTHEID VIR ALMAL!

1 Korintiërs 13:13 En nou bly geloof, hoop, liefde – hierdie drie. En die grootste hiervan is die liefde! Geloof, hoop en liefde… Op die een of ander manier is elkeen van ons se lewens al aangeraak deur hierdie drie dinge. Hierdie vingerafdrukke is die tekens van God se teenwoordigheid in ons lewens. Die bewys dat …

Lees voort

VONKERS HERLEWE

Die Skryfbesigheid het so ‘n tydjie gelede aangekondig dat ons skrywers kans gaan gee om kortverhale en gedigte wat nêrens anders ‘n tuiste vind nie, vir ons te stuur. Ons het die eerste gedig geplaas. Volg hierdie skakel om daar uit te kom. http://vonkers.wordpress.com/2014/05/16/stillewe/ Dis reg. Voorheen het ons in Vonkers kortverhale geplaas wat geskryf …

Lees voort

Werkwinkels word maandelikse instelling

Lientjie du Plessis (links) en Chantél Venter (regs) het die eerste werkwinkel bygewoon. … en soos altyd was Boetietjie Erasmus die ster van die werkwinkel Op Saterdag, 3 Mei 2014, het ek ‘n werkwinkel in die skryf van kortverhale gehou. Lientjie du Plessis en Chantél Venter het hierdie werkwinkel bygewoon. Beide skrywers het verras met …

Lees voort

Kompetisie gesluit

Baie dankie aan almal wat aan ons kompetisie deelgeneem het. Ons het – met julle saamwerking – baie meer inskrywings ontvang as die vorige keer. Die kompetisie is nou amptelik gesluit, maar moenie bekommerd wees nie. Ons gaan wanneer hierdie wenners aangekondig word, die nuwe kompetisie bekendstel.

Lees voort