Die Skryfbesigheid

Ons toor nog steeds met woorde…

Werkwinkels word maandelikse instelling

Lientjie du Plessis (links) en Chantél Venter (regs) het die eerste werkwinkel bygewoon.

Lientjie du Plessis (links) en Chantél Venter (regs) het die eerste werkwinkel bygewoon.

... en soos altyd was Boetietjie Erasmus die ster van die werkwinkel

… en soos altyd was Boetietjie Erasmus die ster van die werkwinkel

Op Saterdag, 3 Mei 2014, het ek ‘n werkwinkel in die skryf van kortverhale gehou.

Lientjie du Plessis en Chantél Venter het hierdie werkwinkel bygewoon. Beide skrywers het verras met ‘n sterk, individuele styl, oorspronklike stories en wonderlike, geloofwaardig karakters.

Onthou dus die name: Lientjie du Plessis en Chantél Venter. Hulle gaan beslis gerekende name in die Afrikaanse skryfkuns word.

Ek het besluit om die werkwinkel maandeliks aan te bied. Ons kry baie navraag van persone wat GRAAG wil skryf, maar glad nie weet waar om te begin nie. Die werkwinkel skep ‘n fondament waarop ‘n skrywer sy talent kan uitbou.

Sommige voornemende skrywers is so onseker dat hulle nie hul eerste pogings met ander wil of kan deel nie. Die werkwinkel is die ideale geleentheid vir hulle, want ek neem net twee of drie skrywers in. In so klein intieme groepie is dit baie makliker om van jou skryfvrese ontslae te raak.

Hierdie werkwinkel is ook die ideale geleentheid om vir ‘n ander kursus voor te berei.

Datum van volgende werkwinkel: 14 Junie 2014

(Ander datums sal later bekendgestel word.)

Plek: Pretoria (Adres sal aan geregistreerde studente bekend gemaak word.)

Tyd: 09:00 – 16:00

Koste: R680 per persoon (Sluit koffie en tee en ligte middagete in)

Inhoud van die werkwinkel:

  • Wat is ‘n kortverhaal?
  • Elemente van ‘n kortverhaal
  • Tegniese vereistes waaraan ‘n manuskrip moet voldoen en taalversorging en redigering
  • Groepbesprekings van jou eie kortverhaal
  • Vereistes:

  • Registreer voor Donderdag, 12 Junie 2014 en betaal ‘n deposito van R340
  • Hierdie is nie ‘n GROOT vereiste nie, maar dit is wenslik dat ‘n skrywer ‘n kortverhaal van tussen wat tussen 600 woorde en 800 woorde lank is, instuur om in die groepie te bespreek.
  • Navraag per e-pos: skryfbesigheid@outlook.com of skryfbesigheid@yahoo.co.za

    Bespreek onmiddellik! Ek kan net drie (maksimum vier) persone inneem en daar is reeds persone wat belangstel.

    Advertisements

    Lewer kommentaar

    Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

    WordPress.com Logo

    Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

    Twitter picture

    Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

    Facebook photo

    Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

    Google+ photo

    Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

    Connecting to %s

    %d bloggers like this: