Die Skryfbesigheid

Ons toor nog steeds met woorde…

‘n SKRYFGELEENTHEID VIR ALMAL!

fingerprints

1 Korintiërs 13:13

En nou bly geloof, hoop, liefde – hierdie drie.
En die grootste hiervan is die liefde!

Geloof, hoop en liefde… Op die een of ander manier is elkeen van ons se lewens al aangeraak deur hierdie drie dinge. Hierdie vingerafdrukke is die tekens van God se teenwoordigheid in ons lewens. Die bewys dat Hy daar was toe ons Hom nodig gehad het. Dit mag iets baie klein wees, soos ’n geliefkoosde speelding wat weggeraak het en wonderbaarlik weer gevind is, ’n parkeerspasie wanneer jy dit die nodigste gehad het, ’n reënboog na die storm… Of dit mag ’n gebeurtenis wees wat jou lewe onherroepelik verander het. Dit kan enige ervaring wees wees waar geloof, hoop of liefde jou lewe aangeraak het.

Kwarts Publishers nooi jou nou om jou eie fingerprints te deel met ander. Skryf ’n essay of kortverhaal van tussen 400 en 1000 woorde en vertel ons hoe jou lewe aangeraak is. Bydraes in Engels of Afrikaans sal aanvaar word en soveel moontlik van die bydraes sal gepubliseer word op ons webblad en Facebook bladsy.

Later vanjaar sal die beste bydraes saamgevat word in ’n bundel wat as ‘n e-boek gepubliseer en beskikbaar gestel sal word op die Kwarts webblad, Kalahari, Exclusive Books, Leserskring, MyBooks, CNA en PNA. Die sluitingsdatum vir bydraes is 31 Julie 2014.

E-pos jou essay of kortverhaal na: fingerprints@kwarts.co.za met jou kontakbesonderhede asook ’n kort beskrywing van jouself. Vir meer inligting besoek ons by http://www.kwarts.co.za of gaan na ons Facebook bladsy om die jongste nuus te kry oor ons vrystellings en gebeure.

http://publish.kwarts.co.za/en-za/campaigns.aspx
https://www.facebook.com/pages/Kwarts/205446152821551

New-up-Logo_01.jpg

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: