Die Skryfbesigheid

Ons toor nog steeds met woorde…

‘Fingerprints’ is ’n skryf-geleentheid vir enigeen wat voel dat sy of haar lewe op een of ander manier aangeraak is deur geloof, hoop en/of liefde

fingerprints…. en dit graag met ander wil deel. Geselekteerde bydraes sal op Kwarts Publishers se webblad verskyn en sal later vanjaar in boekvorm gepubliseer word.

Vir meer inligting oor ‘Fingerprints’ besoek Kwarts Publishers se webblad: www.kwartspublisher.co.za

Lees gerus hierdie mooi kort storie ingestuur vir ‘Fingerprints’:

 

Belofte word gelofte– deur Ina Bergh

Pink nailsi

 

My suster is drie jaar ouer as ek. En as jy in graad een is, is sy by verre jou meerdere.

Sy was lief om haar naels oor naweke te verf. Soms was dit pienk ander kere weer bloedrooi. Dan loop sy buite in die tuin met haar vingers oopgesper. En laat die sonlig daarop glinster! Vir my was dit baie mooi. Maar ek ken my plek en het haar nooit gevra om my naels ook te verf nie.

Een naweek roep sy my en onverwags verf sy my naels ook pienk. So ’n sagte blink pienk! En daar loop ek ook met my vingers wyd net soos sy. Ek kyk en kyk hoe die sonlig sulke lang strale daarop maak.

Maandagoggend is ons amper laat vir skool. Juffrou Booysens beveel ons om ons hande voor op die banke te sit. Sy wil kyk of dit skoon is. En sy wil seker maak of daar nie naellak aan is nie. Indien daar is, neem sy ons persoonlik kantoor toe!

Dis toe ek my hande op die bank voor my sit, dat ek agterkom ek het vergeet om my naels skoon te maak! My mond word droog en my ore begin suis. My hande bewe; ek kan hulle nie stil hou nie. Ek is vol bewerasie hoe nader haar kwaai stem kom. Tot my knieknoppe kan ek nie stilhou nie. Ek is bang vir die gevaarlike kantoor met die boosaardige meneer!

Ek bid vir Liewe Jesus, Hy moet tog net nie dat sy die blink op my naels sien nie. Dat Hy oogklappe voor haar oë sit, net soos die ingespanne perde wat die kapkarre trek. My oë is gerig op my hande en my lippe beweeg soos ek saggies bid. Ek belowe Jesus dat ek nooit, nooit weer naellak op my naels sal verf, as sy dit net nie vandag raak sien nie!

Stadig kom haar harde stem nader…

Sy het ’n paar kinders eenkant laat staan, wat kantoor toe moet gaan. Toe sy by my bank staan, probeer ek om my rukkende vingers stil te hou. My oë is styf toe soos ek bid. My nekhare staan regop soos ystervarkpenne. Vir my voel dit of sy ure lank stilstaan.

En toe trek haar stem verder. My asem is op en ek verstik amper om weer lug te skep.

Ek is nou reeds ’n ouma van vele. Maar na daardie angswekkende dag het ek nooit weer dat die son op my blink naels glinster nie.

Want my BELOFTE het ’n GELOFTE aan die Here geword. Hy het my kinderlike gebede verhoor!

­­­­­­­­­­­­

Lees meer: http://www.kwartspublishers.co.za/en-za/campaigns/fingerprints.aspx

 

Advertisements

1 Kommentaar

  1. Ja, dit WAS angswekkend as ons per ongeluk iets teen die skoolreëls gedoen het, soos die naellak. Sjoe.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: